Nuus 18:00
BULLETIN 21 Mei 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa bepleit samewerking te opsigte van Afrika-migrasie
# Die Wes-Kaap verwelkom omvattende Chinese marktoegang vir sitrusuitvoere
# En, NAVO sê Amerika se vermindering van soldate in Europa sal nie sy verdediging benadeel nie
# President Cyril Ramaphosa veroordeel die onlangse geweld teen buitelandse burgers in Suid-Afrika. Hy het tydens die beraad van die Suid-Afrika-Botswana-bi-nasionale kommissie in Botswana gesê die aanvalle weerspieël nie die regering se beleid of Suid-Afrikaners se waardes nie. Die president het erken kommer bestaan oor onwettige immigrasie, maar het die regering, die burgerlike samelewing en migrerende gemeenskappe gevra om saam te werk en haat teen vreemdelinge te bekamp om die waardigheid van alle Afrikane te handhaaf:
# Die vakbondfederasie Cosatu is bekommerd omdat die Werkloosheidsversekeringsfonds nie sy ou webwerf gesluit het nie. Dit het veroorsaak dat duisende werklose Suid-Afrikaners hul WVF-eise op ‘n verouderde stelsel indien. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê die ou platform is steeds in werking en daar is geen aanduiding dat dit nie meer geldig is nie:
# Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, sê ’n nuwe handelsooreenkoms met China sal ekonomiese groei ‘n hupstoot gee, werk skep en die provinsie se sitrusbedryf versterk. Die nuwe ooreenkoms sal uitvoervereistes vergemaklik en mededingendheid tussen plaaslike produsente versterk. Meyer het bygevoeg die ooreenkoms is gesluit in ‘n tyd van wêreldwye onsekerheid en bied sterk langtermyngeleenthede danksy China se groot bevolking en aanvraag:
# NAVO se sekretaris-generaal, Mark Rutte, sê Amerika se vermindering van soldate in Europa sal georden wees en nie verdediging benadeel nie. Dit volg op die Amerikaanse president, Donald Trump, se jongste aanval op die alliansie, aangevuur deur kritiek van die Duitse kanselier, Friedrich Merz, oor die Amerikaans-Israelse oorlog in Iran. Rutte sê Trump se voorgestelde onttrekking van vier- tot vyf-duisend soldate sal geen uitwerking op NAVO se verdedigingsplanne hê nie:
# Krieket: Die Mumbai Indians se teleurstellende Indiese Premierliga-seisoen is nou nog erger nadat kaptein Hardik Pandya beboet is en ‘n strafpunt gegee is vir toerustingmisbruik tydens gister se wedstryd teen die Kolkata Knight Riders. Hy is met 10-persent van sy wedstrydfooi beboet omdat hy sy frustrasie op die dwarsbalkies van die paaltjies uitgehaal het nadat hy 13 lopies in sy twee boulbeurte afgestaan het sonder om ‘n paaltjie te neem. Kolkata het met vier paaltjies gewen. Mumbai, wat die IPL vyf keer gewen het, is reeds uitgeskakel nadat hulle nege van hul 13 wedstryde verloor het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-53-sent teen die dollar, 19-rand-17-sent teen die euro en 22-rand-15-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 77-duisend-078-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-505-dollar-24-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 104-dollar-14-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….