Nuus 13:00
BULLETIN 21 Mei 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Trump verleng AGOA en herstel ‘n sleutel-uitvoerbestemming vir Afrika se ekonomieë
# Die OVK waarsku teen waninligting voor die plaaslike regeringsverkiesing
# En rugby: Die Junior Bokspan word herskommel vir die kragmeting met Chili in Kaapstad
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het die Wet op Afrika-groei en -Geleenthede tot Desember verleng en sodoende belastingvrye handelsvoorregte vir sommige Afrikalande herstel. Die verlenging volg op ‘n kort onderbreking in die program laat verlede jaar, wat onsekerheid veroorsaak het vir Afrika-uitvoere, insluitend dié van Suid-Afrika, wat afhanklik is van Amerikaanse marktoegang. Gaboen is na sy verwydering in 2023 weer as ‘n begunstigde van AGOA teruggebring na voldoende vordering gemaak is met bestuur en vereiste voorwaardes.
# Forum for South Africa is bekommerd oor die openbare busdiens, Putco, se jongste tariefverhoging. Putco sal vanaf die eerste Junie busgeld met ‘n gemiddeld van tien-persent verhoog as gevolg van die rekordhoë dieselpryse. FOSA se leier, Tebogo Mashilompane, sê elke verhoging in tariewe bring duisende pendelaars nader aan ekonomiese uitsluiting:
# Die Verkiesingskommissie is bekommerd oor toenemende waninligting op sosiale media rakende die bestuur van verkiesings. Dit volg voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Die OVK waarsku politieke partye om nie vals bewerings te maak wat die geloofwaardigheid van die verkiesingsproses kan ondermyn nie. ‘n Verkiesingsbeampte, Ntombifuthi Masinga, het die publiek en party-agente aangemoedig om inligting op die OVK se webwerf na te gaan om waninligting te bestry en openbare vertroue in die verkiesingsproses te bou.
Nuus uit die buiteland:
# NAVO se sekretaris-generaal, Mark Rutte, sê Amerika se vermindering van soldate in Europa sal georden wees en nie verdediging benadeel nie. Dit volg op die Amerikaanse president, Donald Trump, se jongste aanval op die alliansie, aangevuur deur kritiek van die Duitse kanselier, Friedrich Merz, oor die Amerikaans-Israelse oorlog in Iran. Rutte sê Trump se voorgestelde onttrekking van vier- tot vyf-duisend soldate sal geen uitwerking op NAVO se verdedigingsplanne hê nie:
# Rugby: Die Junior Springbokke se afrigter, Kevin Foote, het sy span heeltemal herskommel vir vanmiddag se SA Rugby Onder-20 Kampioenskapswedstryd teen Chili by Rondebosch Boys High in Kaapstad. Slegs agt spelers bly oor van die wedstrydgroep wat vroeër die maand teen Nieu-Seeland gespeel het in die laaste ronde van die Onder-20-Rugbykampioenspan in Gqeberha. Die flank Risimia Khosa sal die Baba-bokke aanvoer. Foote sê die rotasie is daarop gemik om spandiepte op die bou. Fidji en Georgië pak mekaar in vandag se vroeëre wedstryd.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-48-sent teen die dollar, 19-rand-16 teen die euro en 22-rand-15-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 77-duisend-875-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-538-dollar-17-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 101-dollar-56-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….