Nuus 11:00
BULLETIN 20 Mei 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party kondig drie lede aan om op die Parlement se ampsklagkomitee te dien
# Die Amerikaanse vise-president, JD Vance, sê die konflik met Iran sal nie ‘n ewigdurende oorlog raak nie
# En rugby: Vier Suid-Afrikaners is in die wedloop vir die Verenigde Rugbykampioenskap se drie van die jaar
# Die MK-party se eerste adjunkpresident en parlementêre leier, John Hlophe, is een van drie partylede wat op die Parlement se ampsklagkomitee van 31 lede aangewys is. Die ander twee is die hoofsweep, Mmabatho Mokoena-Zondi, en Khanyisile Litchfield-Tshabalala. Die komitee moet bepaal of president Cyril Ramaphosa sy ampseed verbreek het met die beweerde verswyging van die inbraak op sy plaas, Phala Phala, in Limpopo. Die party sê hy het volle vertroue dat die drie lede die party se belange met integriteit en goeie oordeel sal verteenwoordig.
# Die Suid-Afrikaanse Private Praktisynsforum sê ‘n uitspraak deur die Konstitusionele Hof waar bepalings oor die sertifikaat van behoefte in die Nasionale Gesondheidswet ter syde gestel is, is ‘n groot oorwinning vir gesondheidsorgpersoneel en pasiënte. Die bepalings is ongrondwetlik verklaar. Woordvoerder Simon Strachan sê die uitspraak beskerm medici se onafhanklikheid en verbeter pasiënte se toegang tot gesondheidsorg. Hy meen om praktisyns na sekere gebiede te dwing sal nie personeeltekorte oplos nie:
# Die Vereniging van Staatsamptenare verwelkom die afdanking van die Gautengse Dobbelraad se uitvoerende hoof, Karabo Mbele, oor bestuursmislukkings en growwe wangedrag. Die raad se finansiële hoof, Oscar Maripane, is geskors na onthullings van verkrygings-onreëlmatighede en mislukte finansiële bestuur. Die vakbond se woordvoerder, Claude Naicker, sê die ingryping is ‘n belangrike stap om aanspreeklikheid, etiese bestuur en openbare vertroue te herstel:
Nuus uit die buiteland:
# Die Amerikaanse vise-president, JD Vance, sê hulle is slaggereed om Iran met mening aan te val indien hulle nie binnekort ‘n vredeskikking bereik nie. President Donald Trump het gister gesê drie Golf-lande het hom versoek om die aanval op Teheran uit te stel, slegs ‘n uur voordat hy dit sou magtig. Vance glo Amerika het beduidende vordering gemaak met onderhandelings en hou vol dat dit nie ‘n ewigdurende oorlog is nie:
# Rugby: Ondersteuners kan steeds stem vir die Verenigde Rugbykampioenskap se drie van die jaar, met vier Suid-Afrikaanse spelers wat benoem is. Hulle is die Bulle, die Springbok-losskakel Handré Pollard vir die wedstryd teen Scarlets, en die Junior Springbok-vleuel, Cheswill Jooste, vir sy drie teen Munster. Wandisile Simelane van die Stormers is benoem vir die wedstryd teen Ospreys, en Nico Steyn van die Leeus vir sy drie teen die Bulle. Die Stormers se Bok-voorspeler, Deon Fourie, het verlede jaar die toekenning gewen. Die wenner word vroeg volgende maand aangekondi
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-69-sent teen die dollar, 19-rand-36 teen die euro en 22-rand-34-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 77-duisend-318-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-473-dollar-67-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 106-dollar-25-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….