Nuus 15:00
BULLETIN 19 Mei 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa vereer die bydraes van die ontvangers van die Nasionale Ordes
# Elf Wes-Kaapse skole is gesluit weens ontoeganklike toegangspaaie
# En rugby: Die Junior Bokke is in Stellenbosch vir die Onder-20 internasionale reeks
# President Cyril Ramaphosa het ontvangers van vanjaar se Nasionale Ordes geprys vir hul bydrae tot die bevordering van demokrasie en nasiebou. Hy het in Pretoria gesê die ontvangers het ‘n groot bydrae gelewer tot kuns, wetenskap, medisyne, onderwys en menseregte. Ramaphosa sê die strewe na gelykheid, geregtigheid en waardigheid strek oor geslagte. Hy voeg by die land se demokratiese Grondwet het die fondament geword wat die moderne Suid-Afrika gevorm het:
# Activists and Citizens Forum bepleit streng regstappe teen die omstrede sakeman Brown Mogotsi wat in aanhouding is weens verskeie aanklagte, insluitend meineed, regsverydeling en die onwettige besit van ‘n vuurwapen. Sy formele borgtogaansoek is Maandag. Dennis Bloem van die forum beskuldig Mogotsi dat hy regsinstellings ondermyn, insluitend die Madlanga-kommissie, die Parlement se ad hoc-prosesse en die strafregstelsel:
# Die Wes-Kaape LUR vir Onderwys, David Maynier, sê 11 skole in die Kaapse Wynland, Eden en Sentraal Karoo bly gesluit weens ontoeganklike toegangspaaie ná die gure weer. Hy sê die sluitings sal na verwagting die res van die week voortduur, met inhaalplanne vir leerders wat geraak is. Hy voeg by 60 skole het skade aangemeld en word tans evalueer, maar reëlings is getref sodat die meeste oop kan wees:
# Eskom dreig om die kragtoevoer na die Stad Johannesburg af te sny omdat die metro nie ‘n betalingsooreenkoms oor uitstaande skuld nakom en sy huidige rekening betaal nie. City Power skuld die kragverskaffer 5,25-miljard-rand. Eskom sê hy het die proses hervat om inwoners en sake-ondernemings in kennis te stel van sy voorneme om van 8 Julie kragtoevoer aan sekere grootmaat-punte te verminder, te onderbreek of af te sny.
# Rugby: Die Junior Springbok-oefengroep het hul eerste oefening by die Stellenbosse Sport-akademie voltooi terwyl voorbereidings voortgaan vir die Onder-20-internasionale reeks in die Wes-Kaap. Die reeks sal ook Suid-Afrika se teenstanders van Chili, Fidji en Georgië insluit, en word gespeel by Rondebosch Boys High en Wynberg Boys High in Kaapstad, sowel as Paul Roos-gimnasium in Stellenbosch. Die Junior Bokke se eerste kragmeting is Donderdagmiddag 3-uur teen Chili in Rondebosch.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-65-sent teen die dollar, 19-rand-35 teen die euro en 22-rand-32-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 76-duisend-812-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-539-dollar-37-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 107-dollar-47-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….