Nuus 11:00
BULLETIN 15 Mei 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa gee uitstel aan die Khampepe-kommissie om die werk te voltooi en ‘n finale verslag voor te lê
# Bykomende aanklagte word teen die korrupsie-beskuldigde polisie-sersant Fannie Nkosi ingedien
# En rugby: Daar is baie op die spel in die laaste groepronde van die Verenigde Rugbykampioenskap
# President Cyril Ramaphosa het die termyn van die Khampepe-kommissie van ondersoek na die Waarheid- en Versoeningskommissie verleng. Hy het die kommissie verlede jaar saamgestel as deel van ‘n skikkingsooreenkoms in ‘n geding met gesinne van slagoffers uit die apartheidtyd. Hulle het agtereenvolgende administrasies uit die demokratiese tyd beskuldig van inmenging om ondersoeke en vervolgings te verhinder. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die aansoek om uitstel is versigtig oorweeg:
# Die Madlanga-kommissie van ondersoek se taakspan wat aanbevelings ondersoek, het bykomende klagtes van regsverydeling teen sersant Fannie Nkosi ingedien. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê ‘n verdagte is in November 2022 aangekeer vir die besit van dagga, ongelisensieerde vuurwapens en plofstof. Sy sê volgens ondersoeke het Nkosi die oorspronklike dossier gevat onder voorwendsel dat dit ‘n opdrag deur hoofkantoor was:
# Die EFF het die Gautengse Hooggeregshof genader om die aanvaarding van die Stad Ekurhuleni se 2025/26-aanpassingsbegroting te betwis, wat hy as onregmatig beskryf. Die kwessie het ontstaan nadat die speaker verklaar het die begroting is deur mondelinge stemming aanvaar, terwyl die grondwetlike vereiste is dat begrotings deur ʼn meerderheidstem van alle raadslede goedgekeur moet word. Die party sê dit weerspieël die toenemende krisis in munisipaliteite waar koalisies regeer, en waar grondwetlike verpligtinge versaak word vir eng faksie-belange.
Nuus uit die buiteland:
# Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê die Chinese president, Xi Jinping, stem volmondig saam met president Donald Trump oor Iran. Hy was deel van ‘n ontmoeting waartydens hulle Iran, Taiwan en handel bespreek het. Rubio het aan NBC gesê China is gekant teen die militarisering van die Seestraat van Hormoes en ‘n tolstelsel in dié belangrike waterweg wat gewoonlik ‘n vyfde van die wêreld se olievoorraad vervoer:
# Rugby: Daar is baie op die spel in die naweek se laaste groepsronde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Die voorste twee spanne op die punteleer, Glasgow Warriors en die Stormers, het reeds tuis-kwarteindstryde verseker, terwyl sewe spanne om die oorblywende ses kwarteind-plekke meeding. Die Stormers speel môre in Wallis teen Cardiff, die vierde-geplaaste Bulle pak Benetton in Pretoria, en die vyfde-geplaaste Leeus pak Munster in Limerick. Die Haaie, wat nie die volgende fase kan haal nie, is in die tiende posisie, en speel in Durban teen Zebre.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-64-sent teen die dollar, 19-rand-36 teen die euro en 22-rand-22-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 80-duisend-622-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-752-dollar-41-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 104-dollar-43-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….