Nuus 17:00
BULLETIN 13 Mei 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA lê ‘n klagte oor Phala Phala by die Bela-Bela-polisiestasie
# Die Kaapse Wynland-rampspanne red gesinne in Gouda wat deur vloede vasgekeer is
# En, die Mandela-stigting se sportreeks vir 2026 word bekend gestel
# ActionSA het strafregtelike klagte teen president Cyril Ramaphosa gelê in die Bela‑Bela‑polisiestasie in Limpopo oor die Phala Phala‑skandaal. Dit sluit in oortredings van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede, asook bedrog en meineed wat verband hou met verklarings oor die bedrag geld wat in 2020 van sy plaas in die provinsie gesteel is. Michael Beaumont van ActionSA sê Suid-Afrikaners verdien volle aanspreeklikheid en antwoorde:
# Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit sê reddingsoperasies is aan die gang vir agt gesinne wat weens vloede vasgekeer is langs die Kleinbergrivier in Gouda. Die Nasionale Seereddingsinstituut,die polisie en plaaslike munisipaliteite het die 49 mense bereik nadat dae van swaar reën en ysige weer riviervlakke skerp laat styg het. Jo-Anne Otto van die munisipaliteit sê hoewel die ergste van die storm verby is, word daar nou gefokus op opruimingsoperasies en noodlenigingspogings:
# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het vanoggend ‘n vermeende dwelmlaboratorium op ‘n plaas naby Koster in Noordwes ontdek, waar dwelms ter waarde van meer as 100-miljoen-rand gekonfiskeer is. Die polisie sê gesofistikeerde industriële masjinerie is gevind wat na bewering gebruik is om dwelms te vervaardig. Volgens foto’s wat deur owerhede vrygestel is, was dit waarskynlik ‘n grootskaalse produksiefasiliteit. Die ontdekking volg terwyl die Madlanga-kommissie voortgaan om die hantering van dwelmverwante sake deur wetstoepassingsagentskappe te ondersoek.
# Die prinses van Wallis het in Italië aangekom vir haar eerste amptelike oorsese reis ná haar kankerbehandeling. Catherine is op ‘n tweedaagse werksbesoek saam met die ‘n stigting wat sy in 2021 van stapel gestuur het om bewustheid te skep rondom die belangrikheid van die grondslagfase op latere lewensuitkomste. Een van die gewildste lede van die koninklike familie het meer as twee jaar gelede onthul sy is met kanker gediagnoseer nadat sy ‘n groot ingewands-operasie ondergaan het. Sy het in Januarie verlede jaar aangekondig sy is in remissie.
# Die Nelson Mandela-stigting het vanjaar se Nelson Mandela-erfenis-sportreeks van stapel gestuur om eenheid en maatskaplike invloed deur sport te bevorder. Dit sluit die Nelson Mandela-marathon in Kaapstad op 18 Oktober in, met wedlope van 42-, 21-, tien- en vyf-kilometer. Ander geleenthede sluit in die Mandela-dagstap en -wedloop in Johannesburg en Tshwane. Legacy Ride4Hope se direkteur van bedrywighede, Luthando Kaka, sê die fietsryveldtog van Mosambiek na KwaZulu-Natal sal fondse insamel vir skoolinfrastruktuur:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-47-sent teen die dollar, 19-rand-28-sent teen die euro en 22-rand-23-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 80-duisend-293-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-687-dollar-71-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 104-dollar-95-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….