Nuus 17:00
BULLETIN 12 Mei 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Beampte vertel die Madlanga-kommissie, Aeroton was sy eerste dwelmoperasie
# ‘n Jeugvoorspraakgroep sê ‘n ampsklag sal nie SA se probleme oplos nie
# En, Sokker: Mexiko is gereed vir sy Wêreldbeker-openingswedstryd teen Bafana Bafana
# Die hoof van Gauteng se misdaadinligtingsbestuur- en analisesentrum, Marumo Magane, het voor die Madlanga-kommissie getuig die Aeroton-operasie in 2021, waartydens beslag gelê is op 715-kilogram kokaïen, was die eerste dwelmoperasie waaraan hy gewerk het. Magane sê hy het voorheen gefokus op die insameling van intelligensie. Hy het ook onthul hulle het sonder ‘n lasbrief na die perseel gegaan het waar ‘n vragmotor was wat vermoedelik dwelms vir Aeroton in Johannesburg vervoer het:
# Young Intelligent Minds of SA sê oproepe vir president Cyril Ramaphosa se bedanking oor die Phala Phala-aangeleentheid is voortydig. Woordvoerder Jeffrey Mabunda sê die Konstitusionele Hof se uitspraak oor die Artikel 89-paneel se verslag moet nog hersien en verstaan word. Mabunda meen Ramaphosa was ‘n slagoffer van misdaad en nie betrokke by daaglikse bedrywighede op sy plaas nie. Hy sê hy moet in sy amp bly terwyl die geregtelike hersieningsproses voortduur:
# XA Global Trade Advisors waarsku Suid-Afrikaanse maatskappye kan moontlik vertroue in die land se handelsadministrasiestelsel verloor as gevolg van lang vertragings in invoerbelastingondersoeke. Ongeveer 97-persent van die 33 aktiewe ondersoeke het die spertyd van ses-maande oorskry, met sommige sake wat vir langer as ses jaar sonder ‘n besluit voortsloer. Die agentskap sê in sy jongste verslag slegs een nuwe aansoek is die afgelope ses maande by die Internasionale Handelsadministrasiekommissie van Suid-Afrika ingedien. Dit is die laagste in 23 jaar.
# Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, het ‘n vertraging van sosiale media vir kinders voorgestel en sê nuwe wetgewing kan binnekort ingedien word. Sy het tydens ‘n EU-beraad in Kopenhagen gesê ‘n paneel deskundiges sal ‘n plan saamstel om minderjariges aanlyn te beskerm. Verskeie lande in die res van die wêreldhet reeds sosialemedia-beperkings vir minderjariges ingestel. Von der Leyen sê die vraag is nie of jongmense toegang tot sosiale media moet hê nie, maar of sosiale media toegang tot jongmense moet hê.
# Sokker: Mexiko se ambassadeur in Suid-Afrika, Sara Valdes Bolano, sê haar land is gereed om Bafana Bafana te ontvang in die openingswedstryd van die Wêreldbekertoernooi. Die wedstryd op Estadio Azteca op 11 Junie vind plaas 16-jaar nadat die twee lande gelykop gespeel het in die openingswedstryd van die toernooi in Suid-Afrika in 2010. Bolano het in Pretoria gesê haar land sien ook uit na die legendes-wedstryd tussen gewese spelers van 2010 in Pachuca:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-51-sent teen die dollar, 19-rand-38-sent teen die euro en 22-rand-33-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 80-duisend-727-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-687-dollar-51-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 105-dollar-43-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….