Nuus 11:00
BULLETIN 12 Mei 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Openbare Beskermer sê die Konstitusionele Hof se bevinding verander nie sy Phala Phala-verslag nie
# Ramaphosa sê alle regeringsvlakke reageer op weer-rampe in verskeie provinsies
# En sokker: SAFA begin die proses om ‘n plaasvervanger vir Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, te vind
# Die Openbare Beskermer sê die Konstitusionele Hof se uitspraak oor die Phala Phala-saak kanselleer of hef nie sy uitspraak op oor die sake wat ondersoek is nie. Die hof het bevind die Parlement het in 2022 onwettig opgetree toe hy gestem het om ‘n onafhanklike komitee se verslag te verwerp. Volgens die paneel het Ramaphosa moontlik sy ampseed deur sy optrede geskend. Woordvoerder Ndili Msoki sê die hoogste hof het uitsluitlik die grondwetlikheid van die Parlement se Artikel 89-proses hanteer:
Die Vryheidsfront Plus sê intussen Ramaphosa se besluit om die paneel se verslag na vier jaar op hersiening te neem, is ʼn desperate poging om homself te red. Die VF Plus sê die hele saak gaan meer daaroor om die ANC te red.
# Ramaphosa het die land intussen verseker dat alle regeringsvlakke reageer op die vernietigende en gure weerstoestande wat verskeie provinsies raak. Minstens tien mense is dood toe stortreën, oorstromings en sterk wind wydverspreide skade en ontwrigting aangerig het in die Wes-, die Noord- en die Oos-Kaap. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê ʼn nasionale ramptoestand is afgekondig weens die lewensverlies en skade aan infrastruktuur:
Nuus uit die buiteland:
# Israelse parlementslede het ‘n nuwe wet aanvaar waarvolgens ‘n spesiale tribunaal geskep word wat die doodstraf sal oplê aan Palestyne wat skuldig bevind is aan die Hamas-geleide aanvalle op Israel op 7 Oktober 2023. Minstens duisend-139 mense is dood tydens die aanvalle in die suide van Israel, en 251 ontvoer en na Gaza geneem. Dit het tot die oorlog in Gaza gelei waarin meer as 72-duisend mense reeds dood is. Die wetgewing is afsonderlik van die Wet op die Doodstraf vir Terroriste wat in Maart aanvaar is.
# Sokker: Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging sê die proses begin binnekort om ʼn nuwe hoofafrigter vir Bafana Bafana te vind na Hugo Broos se vertrek. Broos is in sy vyfde en laaste jaar by die span en het aangedui dat hy gaan uittree ná die Wêreldbekertoernooi, wat volgende maand in Noord-Amerika afskop. Die voorsitter van SAFA se tegniese komitee, Jack Maluleke, sê hulle wil onmiddellik na die toernooi ʼn nuwe afrigter aanstel:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-57-sent teen die dollar, 19-rand-46 teen die euro en 22-rand-42-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 80-duisend-943-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-693-dollar-89-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 104-dollar-15-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….