Nuus 09:00
BULLETIN 12 Mei 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA vra die Parlement om voort te gaan met die Phala Phala-ampsklagproses teen president Ramaphosa
# Iran sê sy teenvoorstel aan Amerika bevat geen buitensporige eise nie
# En tennis, Jannik Sinner bly op dreef om sy loopbaan Goue Meesters te behaal
# ActionSA sê die Parlement moet sonder versuim die beslissing van die Konstitusionele Hof uitvoer en die Artikel 89-ampsklagkomitee aanstel. Dit is in weerwil van President Cyril Ramaphosa se besluit om aansoek te doen om die verslag op hersiening te neem, wat bevind het dat hy antwoorde moet verskaf oor die diefstal van ‘n groot bedrag Amerikaanse valuta uit die huis op sy plaas Phala Phala in Limpopo. Lerato Ngobeni van ActionSA sê die saak is bepalend vir openbare vertroue in die Presidensie en die integriteit van grondwetlike regering:
# Die IVP sê op sy beurt die Parlement is verplig om die Konstitusionele Hof se beslissing in te stel en die ampsklagkomitee oor die Phala Phala-saak te stig. President Cyril Ramaphosa neem die onafhanklike Artikel 89-paneel se verslag op hersiening. Volgens die verslag het Ramaphosa moontlik sy ampseed oortree met sy optrede rondom ‘n vermeende toesmeerdery nadat geld op sy plaas Phala Phala in Limpopo gesteel is. ʼn IVP-woordvoerder, Mkhuleko Hlengwa, sê die parlementêre proses moet parallel aan Ramaphosa se hersieningsaansoek verloop:
# Die Vryheidsfront Plus sê Ekurhuleni se skuldkrisis vererger, terwyl baie inwoners sukkel om stygende munisipale tariewe te betaal. Volgens die party toon die munisipaliteit se jongste finansiële verslag uitstaande skuld van ongeveer 38-miljard-rand, waarvan die meeste lank reeds agterstallig is en hoofsaaklik deur huishoudings verskuldig is. Denise Janse van Rensburg van die VF Plus sê die invorderingskoers bly onder die teiken, aangesien baie inwoners nie kan betaal nie. Van Rensburg blameer probleme met fakturering, onwettige aansluitings en swak wetstoepassing.
# Iran se ministerie van Buitelandse Sake sê sy reaksie op Amerika se jongste voorstel om die oorlog te beëindig, bevat geen buitensporige eise nie. President Donald Trump van Amerika het Iran se teenvoorstel verwerp en noem dit totaal onaanvaarbaar. Die ministerie se woordvoerder, Esmail Baghaei, sê dis Amerika wat volhou met onredelike eise tydens onderhandelings om die oorlog te beëindig en die Straat van Hormoes te heropen. Hy het aan India Today gesê die grootste verskil tussen Iran en Washington is die kern-voorstelle:
# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, is deur na die Italiaanse Ope se ronde van 16 en steeds op koers om nog ‘n ATP-Meesters-titel in te palm. Die Italianer het met die Australiër Alexei Popyrin klaargespeel en ʼn ontmoeting met sy landgenoot, Andrea Pellegrino, bespreek nadat dié met die Amerikaner Frances Tiafoe afgereken het. In die vrouealoting het Iga Swiatek van Pole met Naomi Osaka van Japan afgereken en is deur na die kwarteindronde. Die Amerikaner Coco Gauff, Elina Svitolina van Oekraïne en die agtste gekeurde Rus, Mirra Andreeva, het ook oorwinnings beklink.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-46-sent teen die dollar, 19-rand-35-sent teen die euro en 22-rand-35-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 81-duisend-128-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-729-dollar-73-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 102-dollar-63-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….