Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 30 Januarie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# BOSA eis minister Cele se verwydering weens die mislukkings van die polisie in die onrus van Julie 2021
# ‘n Politieke ontleder sê Zuma plaas die ANC in ‘n baie moeilike situasie
# En, krieket: Australië beklink die T20-reeks teen die Protea-vroue
# Build One South Africa vra die verwydering van die minister van Polisie, Bheki Cele, weens polisie- en intelligensie-mislukkings tydens die onrus van Julie 2021. Die Menseregtekommissie se verslag onthul kommunikasie-onderbrekings, onvoldoende hulpbronne en tegnologiese beperkings, wat gelei het tot ‘n weeklange verbrokkeling van wet en orde in Gauteng en KwaZulu-Natal. Die party glo Cele se verwydering is noodsaaklik om openbare vertroue en geloofwaardigheid in die polisie te herstel. BOSA stel maatreëls voor om vertroue te herbou, die polisiediens se vermoë uit te brei en die strafregstelsel te laat herleef.
# ‘n Politieke ontleder, Bheki Mngomezulu, sê die ANC het geen ander keuse gehad as om sy voormalige president, Jacob Zuma, te skors nie. Mngomezulu meen die besluit is geneem om die party se integriteit te beskerm nadat Zuma verklaar het hy sal nie vir die ANC stem nie. Mngomezulu beklemtoon die beduidende uitwerking van die ANC se stap, veral omdat die Umkhonto we Sizwe-party steun ontvang in provinsies soos KwaZulu-Natal en Gauteng:
# ‘n Kenner oor verskeidenheid, Asanda Ngoasheng, het haar kommer uitgespreek oor wat sy noem die DA se versuim om voorsiening te maak vir swart mense en slegs wit leierskap oorweeg. Ngoasheng het in ‘n onderhoud met Newzroom Afrika die DA beskuldig dat hy die behoeftes van swart individue verwaarloos en nie erken Suid-Afrika is ‘n land met oorwegend swart inwoners nie. Sy sê die DA sal nie in staat wees om Suid-Afrika doeltreffend te regeer as hulle nie aanklank vind by die geskiedenis van swart Suid-Afrikaners en dit nie erkenning gee nie.
# Die eerste Nipah-virussterfte van die jaar is in Bangladesj aangemeld. Die direkteur van die Instituut vir Epidemiologie, Siektebeheer en Navorsing, Tahmina Shirin, het bevestig ‘n man het gesterf nadat hy rou dadelsap gedrink het. Die virus word oorgedra deur aanraking met besmette vlermuise, varke of menslike liggaamsvloeistowwe, en hou ernstige gesondheidsrisiko’s in. Shirin sê Bangladesj het verlede jaar tien sterftes uit 14 gevalle aangeteken, die hoogste in sewe jaar. Sy waarsku oor die gebrek aan behandelings of entstowwe vir die Nipah-virus.
# Krieket: Australië se vrouespan het die reeks van drie T20s teen die Proteas beklink deur die beslissende wedstryd in Hobart te wen. Suid-Afrika het 162 vir sewe behaal, met Marizanne Kapp se 75 die hoogste telling. Suné Luus het die rekord vir die meeste nulletjies tot nege verbeter toe sy uitgeloop is. Die gasvroue het die teiken bereik met vyf paaltjies plat en vier balle oor, met die aanvangskolwer Beth Mooney wat 82 aangeteken het. Kapp sê ‘n paar foute het hulle die wedstryd – en die reeks – gekos:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-88-sent teen die dollar, 20-rand-47-sent teen die euro en 23-rand-92-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 43-duisend-238-dollar-32-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-34-dollar-17-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 80-dollar-86-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….