Nuus 13:00
BULLETIN 10 Mei 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die African People’s Convention sê die Konstitusionele Hof-uitspraak oor die Phala Phala-saak is ‘n ernstige terugslag vir die ANC
# Die Gautengse polisie ondersoek ‘n massaskietery voor ‘n taverne in die Zamimpilo Informele Nedersetting
# En sokker: Dit is een maand voor die Wêreldbeker begin
# Die African People’s Convention sê die Konstitusionele Hof se uitspraak oor die Phala Phala-saak is ‘n ernstige teruslag vir die ANC, aangesien hy nie die aanspreeklikheid ernstig opneem nie. Die woordvoerder, Freddy Mbhandze, sê die Konstitusionele Hof het eenparig teen die Parlement se vorige besluit beslis om die hersiening van die Paneelverslag te verwerp en dat die parlementêre stemming onregmatig en ongrondwetlik was:
# SANParke sê die weerstoestande in die Tuinroete Nasionale Park het verbeter, wat die gedeeltelike heropening van sekere geriewe moontlik maak. Woordvoerder, JP Louw, sê in die Tsitsikamma-gedeelte is die restaurant en die Mond-roete, insluitend die hangbrug by die Stormsriviermond-ruskamp, weer oop. Hy sê egter groot staproetes, insluitend die Otterpad, is steeds gesluit. Hy sê ook die Natuurvallei‑kamp is steeds gesluit weens onderbrekings in die water- en kragtoevoer.
# Gautengse polisie ondersoek twee aanklagte van moord en vier van poging tot moord ná ‘n skietvoorval vroeg vanoggend by ‘n taverne in die Zamimpilo informele nedersetting in Langlaagte, Johannesburg. ‘n Polisiewoordvoerder, Tintswalo Sibeko, sê ‘n groep van meer as 40 mense het voor ‘n taverne gesit, gedrink en gekuier toe drie onbekende verdagtes hul genader het en sonder ‘n woord op hulle losgebrand het. Sy sê ses mense is in die voorval geskiet:
# Ten minste 12 beamptes is dood tydens ‘n motorbomaanval by ‘n polisiestasie in noordwes Pakistan, gevolg deur ‘n hinderlaag op beamptes wat na die toneel gejaag het om te help. Die struktuur is verwoes en bakstene, verkoolde wrakstukke en beskadigde voertuie is oor die gebied versprei. Die polisie sê drie personeellede is lewend gevind en hospitaal toe gehaas. Militante het eers met ‘n motor vol plofstof teen die gebou vasgejaag, toe ingegaan en op beamptes wat oorleef het losgebrand, terwyl hommeltuie ook gebruik is. Die militante alliansie Ittehad-ul-Mujahideen het aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar.
# Sokker: Die aftelling van ‘n maand tot die 2026‑Wêreldbeker begin Maandag. ‘n Rekordgetal van 48 spanne en miljoene ondersteuners sal na die Verenigde State, Kanada en Mexiko stroom vir die eerste Wêreldbeker wat gesamentlik deur drie lande aangebied word. Die skerp styging in kaartjiepryse het wêreldwye teenkanting ontketen, terwyl FIFA skarrel om die openbare betrekkinge-krisis te bestuur. Intussen het Human Rights Watch gesê die Wêreldbeker loop gevaar om deur “uitsluiting en vrees” gekenmerk te word oor Donald Trump se optrede oor immigrasie, betogings en persvryheid, terwyl Amnestie Internasionaal waarsku die toernooi kan ‘n platform vir onderdrukking word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….