Nuus 18:00
BULLETIN 8 Mei 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Julius Malema vra vir president Cyril Ramaphosa se bedanking ná die Konstitusionele Hof se uitspraak
# SANParke-spanne spook om toegang te herstel ná oorstromings op die Tuinroete
# En, Suid-Afrika vier 30 jaar van grondwetlike demokrasie
# Die EFF-leier, Julius Malema, sê president Cyril Ramaphosa moet bedank nadat die Konstitusionele Hof die Parlement se ampsklagte-reël ongrondwetlik verklaar het in die Phala Phala-diefstalsaak. Hy sê die saak is ernstig en moenie polities wees nie. Malema vra die Parlement om dringend voort te gaan ondanks die streng bepalings wat vir ampsklagte geld. Hy prys ook ‘n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, Nkosazana Dlamini Zuma, oor haar standpunt:
# Gure weer het groot ontwrigting veroorsaak in die Tuinroete Nasionale Park in die Wes-Kaap, met oorstromings, swaar reën en sterk wind wat paaie en infrastruktuur beskadig het. In die Wildernis- en Knysna-gebiede is verskeie paaie steeds toe ná modderstortings en bome wat omgeval het, terwyl staproetes en ontspanningsbedrywighede gesluit is. JP Louw van SANParke sê spanne ruim die puin op, herstel toegang en verseker die veiligheid van besoekers en nabygeleë gemeenskappe:
# Die MK-party se vroueliga sê hulle is bekommerd oor die bewerings teen die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, oor die slegte handeling en finansiële uitbuiting van ‘n huiswerker. ʼn Vrou wat by die departement as voedsel-assistent aangestel is, is volgens berigte gedwing om huiswerk te verrig en die helfte van haar salaris aan die minister se dogter te betaal. Die vroueliga se sekretaris, Lindi Mtshali, sê die parlementêre portefeuljekomitee oor Maatskaplike Ontwikkeling moet die saak ondersoek:
# Olimpiese Spele: Vier wêreldstede sal die Olimpiese Q‑reeks, voorheen die Olimpiese kwalifiseringsreeks, in ‘n uitgebreide formaat aanbied in aanloop tot die Spele van 2028 in Los Angeles. Die Internasionale Olimpiese Komitee het bevestig Tokio in Japan, Sjanghai in China, Montreal in Kanada en Orlando in Amerika sal tussen Mei en Junie elk ‘n byeenkoms aanbied. Die president van die I-O-K, Kirsty Coventry, sê dis ‘n belangrike kwalifiseringspad na die Spele:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-40-sent teen die dollar, 19-rand-30-sent teen die euro en 22-rand-32-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 79-duisend-853-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-722-dollar-31-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 99-dollar-52-sent per vat.
# En laastens, Suid-Afrika se Grondwet is vandag 30 jaar gelede deur die Grondwetlike Vergadering aanvaar en oudpresident Nelson Mandela het dit later onderteken. Dit was ‘n mylpaal in die land se oorgang van apartheid na ‘n grondwetlike demokrasie op grond op menseregte, gelykheid en die oppergesag van die reg. Die Grondwet bly die grondslag van staatsbestuur in die land. Die regering sê hy besin oor die vordering wat gemaak is, terwyl dit ook erkenning gee aan voortdurende uitdagings soos armoede, ongelykheid en werkloosheid.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….