Nuus 16:00
BULLETIN 8 Mei 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa respekteer die Konstitusionele Hof se Phala Phala-uitspraak
# Die GOOD-party sê die Phala Phala-geheimsinnigheid moet uiteindelik opgeklaar word
# En die oudpresident van Botswana Festus Mogae sterf in die ouderdom van 86
# Die Presidensie sê hy het kennis geneem van die Konstitusionele Hof se uitspraak in die saak wat die EFF aanhangig gemaak het rakende Artikel 89-optrede teen president Cyril Ramaphosa oor die Phala Phala-diefstalsaak. Die hof het die Parlement beveel om sy reëls reg te stel, en die Artikel 89-verslag oor die saak na ‘n ampsklagkomitee te verwys. Woordvoerder Vincent Magwenya sê Ramaphosa gee sy volle samewerking:
Die GOOD-party sê die uitspraak gee Ramaphosa ‘n kans om volledig te verduidelik wat in 2020 op sy plaas in Limpopo gebeur het. Sekretaris-generaal Brett Herron sê hoewel verskeie instellings, insluitend die Openbare Beskermer, die Reserwebank en die Nasionale Vervolgingsgesag, Ramaphosa van enige oortreding vrygespreek het, verstaan baie Suid-Afrikaners steeds nie ten volle wat gebeur het nie:
# Die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens sê die uitwissing van die agterstand in kankerbiopsies by die Histologie-laboratorium by die Charlotte Maxeke Johannesburgse Akademiese Hospitaal help met die herstel en versterking van hierdie kritieke patologiediens. Die agterstand was een-duisend-540 monsters wat verwerk moes word, en 12-duisend-756 verwerkte gevalle waaroor terugvoering gegee moes word. Woordvoerder Mzi Gcukumana sê die laboratorium, wat ‘n netwerk van 15 hospitale in Johannesburg bedien, se bedrywighede is terug na normaal.
# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, sê spelers voel hulle kry nie die respek wat hulle verdien van die vier Grand Slam-toernooie se organiseerders nie. Die vroue-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, het onlangs gesê spelers sal in ‘n stadium een van die Grand Slam-toernooie boikot as hulle nie ʼn groter persentasie ontvang van die inkomste wat geskep word nie. Die Italianer sê spelers gee baie meer as wat hulle terugkry:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-41-sent teen die dollar, 19-rand-30 teen die euro en 22-rand-33-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 80-duisend-268-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-708-dollar-65-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 98-dollar-42-sent per vat.
# En ten slotte: Botswana se derde president, Festus Mogae, is op 86 oorlede nadat hy verlede maand in ‘n hospitaal in Gaborone opgeneem is. Hy het van 1998 tot 2008 as president gedien en is wyd gerespekteer vir die bevordering van ekonomiese bestendigheid en demokratiese regering, en omdat hy die MIV/Vigs-krisis aangepak het. Mogae het die program vir antiretrovirale behandeling gevestig en hom beywer teen die stigma rondom die siekte. Hy het in 2008 die Ibrahim-prys vir prestasie in Afrika-leierskap ontvang. Mogae se leierskap word erken vir die versterking van demokrasie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….