Nuus 09:00
BULLETIN 5 Mei 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA sê die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente moet vervang word met ‘n gedesentraliseerde model
# Die Wes-Kaap is op hoë gereedheidsgrondslag na ‘n weerwaarskuwing
# En die sterre skitter by die New York Metropolitan Museum of Art se glansaand
# Die DA glo die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela se besluit om die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente onder administrasie te plaas, sal onsuksesvol wees. Die besluit volg nadat verskeie raadslede bedank het en kommer oor bestuur en bestendigheid. Die skema is in 2020 en 2024 ook onder administrasie geplaas. Delmaine Christians van die DA sê dit is nou tyd om die betaalstelsel aan studente en universiteite heeltemal te hersien:
# Die vakbond Nehawu het intussen sy skok uitgespreek oor die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, se besluit om die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente onder administrasie te plaas. Nehawu se woordvoerder, Lwazi Nkolonzi, sê dis onaanvaarbaar dat die minister nie met die vakbond beraadslaag het voor hy die groot besluit geneem het nie. Hy sê die hulpskema se stabilisering vereis dringende aandag, veral teen die agtergrond van die stelsel- en bestuurskrisis waarin die skema gedompel is:
# Die Wes-Kaapse Rampbestuursentrum het die provinsie op ‘n hoë gereedheid-basis geplaas ná ʼn oranje vlak 8-weerskawing vir ontwrigtende reën uitgereik is. ʼn Sterk afsny-laagdrukstelsel sal die provinsie na verwagting teen vanmiddag tref. Die sentrum se woordvoerder, Colin Deiner, sê volgens die voorspelling sal die Tuinroete die swaarste getref word met reënval van 150 tot 200 millimeter in sommige gebiede:
# Sokker: Arsenal het weer ‘n kans in die wedloop om die Premierliga-titel nadat Manchester City en Everton gisteraand 3 elk gelykop gespeel het. Pep Guardiola se span was teen rustyd met 1-0 voor ná ‘n doel deur Jerémy Doku. Everton het in die tweede helfte teruggeveg met twee doele deur die plaasvervanger Thierno Barry vóór en ná ‘n kopskoot deur Jake O’Brien. Erling Haaland het die doelhok gehaal, waarna Doku in die 97ste minuut die gelykmaker vir City aangeteken het. Arsenal gaan nou poog om hul laaste drie wedstryde te wen en daarmee hul eerste titel in 22 jaar te verower.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-80-sent teen die dollar, 19-rand-63-sent teen die euro en 22-rand-72-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 80-duisend-936dollar. Die prys van goud is vier-duisend-533-dollar-36-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 111-dollar-25-sent per vat.
# En ter afsluiting, ʼn Sterreparade met persoonlikhede soos Beyoncé, Nicole Kidman, Madonna, Anna Wintour en Serena Williams het die trappe van die New York Metropolitan Museum of Art bestyg vir die Met Gala. Vanjaar se tema is “Mode is Kuns”, en sluit aan by die uitstalling “Kostuum-kuns” by die Met se Kostuum-instituut, waarvan die gala ʼn groot inkomstebron is. Beyoncé, een van die mede-voorsitters, het na ʼn dekade lange onderbreking teruggekeer in ʼn skepping van Olivier Rousteing. Die Met Gala het ʼn rekordbedrag van meer as 703-miljoen-rand ingesamel.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….