Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 30 Januarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Nasionale Kernreguleerder het Eskom se versoek toegestaan om operasionele tydlyne vir die twee kernreaktors by die Koeberg-kernkragstasie te skei. Koeberg, geleë aan die Weskus in Kaapstad, is Afrika se enigste kernkragsentrale. Die reguleerder het ná ‘n deeglike veiligheidsbeoordeling verlengde werking goedgekeur vir Eenheid een tot 21 Julie 2024 en vir Eenheid twee tot 9 November 2025.
# En ten slotte: Die Europese Kommissie se Energy4Europe sê lidlande sal meer geld moet gee om die EU se produksieteikens vir hernubare energie te bereik. Ingevolge die REPowerEU Plan, het die 2030-hoofteiken vir hernubares op EU-vlak tot 45-persent gestyg in ‘n poging om Europa se afhanklikheid van Russiese gas voor 2030 te verminder. Tot 80-persent van die EU se energiebehoeftes is van invoere afhanklik. Energy4Europe sê die huidige geo-politieke verskille verhinder beleggings en wek kommer oor voorsieningskettings om vermoë vir hernubare energie in die EU te verhoog.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….