Nuus 13:00
BULLETIN 25 April 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Statistieke SA sê post-matriek gegradueerdes verval in armoede
# Die Gautengse nooddienste reik ‘n weerwaarskuwing uit teen swaar reën
# En Koning Charles sal ‘n 9/11-geleentheid saam met burgemeester Zohran Mamdani bywoon
# ‘n Nuwe verslag deur Statistieke Suid-Afrika toon dat post-matriek gegradueerdes toenemend in armoede verval. StatsSA se Patricia Koka sê in ‘n onderhoud met SABC News, werkloosheid is nasionaal steeds laer vir gegradueerdes in vergelyking met laer opgeleide groepe. Koka het egter bygevoeg dat armoede tussen 2006 en 2023 afgeneem het, van 27-miljoen tot 23-miljoen. Sy sê Gauteng het ‘n effense toename aangeteken, maar is saam met die Wes-Kaap een van die provinsies met die laagste armoedevlakke:
# Die premier van KwaZulu-Natal, Thami Ntuli, het Dinsdag se massamoord op sewe lede van die Monswamy-gesin as onmenslik, ongelukkig en sinneloos beskryf. Die gesin is ontvoer, beroof en vermoor en hul liggame is later naby Melmoth gevind. Drie verdagtes sal Dinsdag in die KwaDukuza-landdroshof verskyn, terwyl die polisie na ‘n vierde verdagte soek. Hy het die gebruik van tegnologie in die opsporing van die verdagtes geprys en die regering se verbintenis tot die versekering van geregtigheid beklemtoon:
# Gauteng-nooddienste het inwoners versoek om versigtig te wees aangesien erge donderstorms en swaar reën deur die naweek verwag word. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n Geel Vlak 2-waarskuwing uitgereik vir moontlike oorstromings, hael en sterk winde. Nooddiens-woordvoerder Robert Mulaudzi waarsku motoriste om oorstroomde paaie en laagliggende brûe te vermy, terwyl inwoners aangeraai word om binnenshuis te bly en noodgevalle aan te meld aangesien owerhede op hoë gereedheidsgrondslag bly:
# Die direkteur van Milk River Sekuriteit en Teen-stropery, Schoeman van Jaarsveld, is dood nadat hy deur ‘n swartrenoster aangeval is terwyl hy in die Oos-Kaap aan diens was. Die voorval het by die Samara Karoo-reservaat, naby Graaff-Reinet, plaasgevind tydens ‘n roetine-wildbeskermingsoperasie wat daarop gemik was om renosterstropery te voorkom. Volgens berigte het noodspanne vinnig opgetree, maar die 58-jarige Van Jaarsveld is op die toneel dood. Owerhede sê ondersoek word ingestel. Intussen het bewaringspanne die gevare uitgelig waarmee veldwagters wat bedreigde wildlewe beskerm, te kampe het.
# Die burgemeester van New York, Zohran Mamdani, sal volgende week saam met Brittanje se koning Charles deelneem aan ‘n kransleggingseremonie by die 9/11-gedenkteken. Die gedenkteken merk die plek van die aanvalle op die Twin Towers op 11 September 2001. Sowat 67 Britte was onder die minstens twee-duisend-606 mense wat in die aanval dood is. Koning Charles sal ook ‘n toespraak voor die Kongres lewer, die eerste deur ‘n Britse monarg sedert koningin Elizabeth II in 1991. Die reis vind plaas te midde van gespanne betrekkinge met die VSA. President Donald Trump het vroeër aan die BBC gesê hy glo koning Charles kan help om Washington se verhouding met Londen te herstel.
# En krieket: Virat Kohli het gisteraand in Bengaluru die voortou geneem vir die Royal Challengers Bangalore toe hulle die Gujarat Titans se totaal van 205 vir drie gemaklik gejaag het om hul Indiese Premierliga-wedstryd met vyf paaltjies te wen. Die 37-jarige Kohli was so goed soos altyd met sy 81 van slegs 44 balle met agt viere en vier sesse. Die uitskag skuif die Challengers na die tweede plek op die punteleer met vyf oorwinnings en tien punte uit hul sewe wedstryde, terwyl Gujarat in die sewende plek bly met drie oorwinnings en ses punte uit hul sewe wedstryde.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….