Nuus 09:00
BULLETIN 23 April 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA vra vir funksionele bestuur na die goedkeuring van die Wetsontwerp op die Verdeling van Inkomste
# Cosatu is teleurgesteld oor die besnoeiing van die presidensiële indiensnemingsprogram
# En Zambië se regering neem besit geneem van oudpresident Edgar Lungu se liggaam
# Die DA verwelkom die Nasionale Vergadering se bekragtiging van die Wetsontwerp op die Verdeling van Inkomste wat uiteensit hoe staatsfondse tussen nasionale, provinsiale en plaaslike regerings verdeel word. Die wetsontwerp moet seker maak dat staatsgeld gebruik word om basiese dienste te lewer, ekonomiese groei en werkskepping te ondersteun, en staatskuld onder beheer te hou. Kingsley Hope Wakelin van die DA sê die wetsontwerp bepaal wel waar die geld heen gaan, maar dis nie te sê enige iets gaan gedoen word nie:
# Die vakbondfederasie Cosatu sê die gebrek aan ‘n sterk stimuluspakket en die besnoeiing aan die presidensiële indiensnemingsprogram verswak pogings om werkloosheid te bekamp. Die federasie sê hoewel daar befondsing vir sommige openbare dienste en infrastruktuur is, is dit nie genoeg om werksgeleenthede te bevorder of herstel te ondersteun nie. Matthew Parks van Cosatu voer aan die regering het die balansering van die boeke bo werkskepping geprioritiseer:
# Die Vryheidsfront Plus sê hy help boere van Rooiwal met regsaksie teen die metroraad van Tshwane weens die volgehoue verval van Rooiwal se rioolwatersuiweringsaanleg. Die burgemeester Nasiphi Moya hou vol daar is geen waterkrisis in die metro nie. Rina Marx van die VF Plus sê hoewel die burgemeester ‘n krisis ontken, word boere gedwing om duur gewasse as groenvoer te gebruik omdat dit nie geskik is vir menslike gebruik nie:
# Die Zambiese regering sê hy het besit geneem van oudpresident Edgar Lungu se liggaam. Hy is op 5 Junie 2025 in Suid-Afrika dood, maar ‘n hofstryd oor sy oorskot en ʼn gevolglike appèl, keer dat hy begrawe word. Die Hooggeregshof in Pretoria het in Augustus verlede jaar beslis die Zambiese regering mag Lungu se liggaam repatrieer en hom ʼn staatsbegrafnis gee, ten spyte van die familie se teenkanting. Die Lungu-familie se aansoek in die Appèlhof het misluk nadat dit nie sperdatums gehaal het nie.
# Sokker: Manchester City het sy titelteenstander Arsenal se eerste plek in die Premierliga gebuit met ‘n oorwinning van 1-0 oor Burnley. Erling Haaland se doel in die vyfde minuut was die wenpunt wat City vir Gunners laat verbysteek het met ‘n verskil in doelskoppe. Pep Guardiola se span mik na ‘n sewende Premierliga-titel in nege jaar aangesien hulle nou in hul laaste elf topwedstryde onoorwonne is. Intussen het Burnley wat net een van hul 25 ligawedstyde gewen het, het nou teruggeskuif na die Kampioenskapliga.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-52-sent teen die dollar, 19-rand-33-sent teen die euro en 22-rand-28-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 77-duisend-931-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-706-dollar-59-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 97-dollar-83-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….