Nuus 09:00
BULLETIN 19 April 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa sê Suid-Afrika bevorder die agenda teen globale ongelykheid met ‘n voorgestelde VN-paneel
# Die DA verwelkom arrestasie van Julius Mkhwanazi
# En in rugby, ‘n bonuspunt-oorwinning vir die Leeus in hul VRK-stryd teen Glasgow
# President Cyril Ramapohsa sê Suid-Afrika het planne aangekondig om ‘n mylpaal-konsepresolusie by die Verenigde Nasies ter tafel te lê tydens die hervatting van sy 80ste sitting vanjaar. Ramaphosa het gister die sitting oor ekstremisme en ongelykheid by die Inisiatief ter Verdediging van Demokrasie in Barcelona, Spanje, toegespreek. Die president sê die planne sal alternatiewe beleide vir die aanspreek van ongelykheid evalueer om regerings, beleidmakers en die internasionale gemeenskap in te lig:
# Die DA in Ekurhuleni het die arrestasie verwelkom van die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni Metropolisie, Julius Mkhwanazi, deur die Madlanga-kommissie se polisietaakspan. Khathutshelo Rasilingwane van die party sê na inligting oor die bloulig-sage in Februarie 2023 ontvang is, het die DA-koukus seker gemaak dissiplinêre optrede vind plaas. Sy sê net ‘n paar weke later het die ANC en EFF saamgesweer om die DA uit die regering te verwyder, wat korrupsie sou toelaat om sonder ontwrigting te gedy:
# Die bestuurshoof van die Maatskaplike Sekerheidsagentskap SASSA, Themba Matlou, sê kliënte moet voordeel trek uit die nuwe aanlyn selfbedieningsportaal, die eLife-sertifiseringstelsel. Hy sê dit kan gebruik word om besonderhede na te gaan in plaas daarvan dat begunstigdes na hul plaaslike kantore moet gaan, wat tyd- en vervoerkoste verminder. Matlou sê terwyl SASSA sy mylpaal van 20 jaar met die verskaffing van maatskaplike bystand bereik het, sal die verbintenis tot beter, waardige en doeltreffende diens aan sy kliënte voortduur.
# ActionSA in Gauteng sê hulle het ‘n kommerwekkende teenstrydigheid in die hart van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit ontdek. Funzi Ngobeni van die party sê die owerheid beweer dat hulle geen spookwerknemers het nie en geen finansiële verliese gely het nie, maar in dieselfde verklaring word bevestig dat 22 munisipale werknemers tans op betaalde skorsing is, wat belastingbetalers byna 24-miljoen-rand kos. Hy sê amptenare sit al meer as ses jaar tuis teen volle betaling, met individuele uitbetalings wat vyf-miljoen-rand oorskry.
And on to sports news:
# Rugby: Die Leeus het gister ‘n opwindende oorwinning van 54-12 oor die kampioenskapsvoorlopers die Glasgow Warriors behaal in hul Verenigde Rugbykampioenskapsontmoeting op Ellispark. Die Johannesburgse span het van die begin af oorheers, met twee vroeë drieë deur Henco van Wyk. Kliniese afronding deur Erich Cronje en Quan Horn, in kombinasie met Chris Smith wat sewe van die agt drieë verdoel het, het die Glasgow-verdediging heeltemal oorweldig. Danksy die bonuspunt-oorwinning is die Leeus nou vierde op die VRK-punteleer, wat hul uitspeel-ambisies ‘n aansienlike hupstoot gee.
# Gholf: Jon Rahm het ‘n skrale voorsprong van een hou op 10 onder baansyfer na die tweede rondte van die LIV-toernooi in Mexico-stad by die Chapultepec gholfklub. Die Spanjaard het Vrydag 67, 4-onder aangeteken en is ‘n kort kop voor ‘n groep met onder andere Harold Varner, Matthew Wolff en Tom McKibbin, wat almal gelyk is op 9 onder syfer. In die spankompetisie begin Rahm se Legion XIII die laaste ronde vandag met ‘n reusevoorsprong van 19 houe.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….