Nuus 13:00
BULLETIN 18 April 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Madlanga-kommissie se taakspan keer ‘n senior amptenaar van die Ekurhuleni-munisipaliteit aan
# Minister Nzimande sê Suid-Afrika en Afrika ervaar steeds ‘n reusevelies aan intellektuele eiendom
# En Keir Starmer sê verskeie lande sal help om skepe deur die Straat van Hormoes te beskerm
# Die Madlanga-kommissie se taakspan het ‘n 50-jarige senior munisipale amptenaar van die Stad Ekurhuleni in hegtenis geneem vir bedrog, korrupsie en regsverydeling. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die amptenaar is by sy huis in Gauteng aangekeer. Sy sê dit spruit uit ‘n voortgesette ondersoek na korrupsie binne die Ekurhuleni-metropolisie:
# Die landbou-organisasie TLU SA het die minister van Landbou, John Steenhuisen, se besluit verwelkom om 27 eksterne tegniese raadgewers aan te stel. Hulle sal help om tegniese data te na te gaan om te verseker dat alle produkte voldoen aan veiligheids- en gehaltestandaarde soos vereis deur die Registrateur van die Wet op Kunsmis, Veevoer, Landboumiddels en Veemiddels. Die woordvoerder Bennie van Zyl sê dit moes lankal gebeur:
# Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, Blade Nzimande, het die Nasionale Kantoor vir Intellektuele Eiendomsbestuur versoek om die beskerming van intellektuele eiendom te versterk, omdat Suid-Afrika en Afrika steeds reuse-lekkasies ervaar. Suid-Afrika het ‘n ongekende toename in data-lekkasies aangeteken. Voorvalle het in die eerste helfte van verlede jaar met 60-persent toegeneem. Die departement se woordvoerder, Veli Mbele, sê die kantoor moet strategiese vennootskappe vorm om die krisis te hanteer:
# Suid-Afrika se grootste binnelandse lugredery, FlySafair, is gedwing om verskeie roetes te sny weens stygende stralerbrandstofkoste en laer passasiersvraag. Hy gaan voort om sy netwerk te hersien. Die lugredery se hoofbemarkingsbeampte, Kirby Gordon, sê hulle verwag tans nie groot netwerkbesnoeiings nie, maar kan nie bekostig om nie-winsgewende roetes te bedryf nie. News24 berig hoewel die wêreldwye olieprys dié week effens gedaal het, is die prys van stralerbrandstof steeds byna dubbel sedert die Midde-Oosterse konflik begin het.
Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê intussen meer as ‘n dosyn lande is bereid om deel te neem aan ‘n internasionale sending om skepe deur die strategies-belangrike Seestraat van Hormoes te beskerm wanneer toestande dit toelaat. Dit volg op Iran se aankondiging dat die roete heropen is na ‘n wapenstilstands-ooreenkoms tussen Israel en die Irans-gesteunde Hizbollah in Libanon. Reuters berig die Amerikaanse president, Donald Trump, sê hy het nie bondgenote se hulp nodig nie en hulle moet wegbly. Die roete dra 20 persent van die wêreld se olie- en gasreserwes.
# En sokker: Die Premierliga-titelwedloop verskerp die naweek met Mamelodi Sundowns, op 56 punte, wat sal poog om hul een-punt‑voorsprong oor Orlando Pirates te behou. Die Buccaneers speel vandag teen AmaZulu FC op die Orlando-stadion, terwyl die derde geplaaste Kaizer Chiefs, op 45 punte, hul agtereenvolgende vyf oorwinnings wil verleng tydens hul weg-wedstryd teen Polokwane City op die Peter Mokaba-stadion. Ander belangrike wedstryde sluit in Magesi FC wat Durban City die stryd aansê en TS Galaxy wat môre die gasheer is vir Richards Bay.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….