Nuus 17:00
BULLETIN 17 April 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Nhlanhla Mkhwanazi aangestel om ‘n nasionale misdaadbestrydingstaakspan te lei
# Robert Mugabe se seun en medebeskuldigde pleit skuldig op verskeie aanklagte na ‘n skietvoorval in Hydepark
# En gholf: Jon Rahm is nie bekommerd oor LIV Gholf se toekoms nie
# Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, is aangestel om ‘n nuwe projek te lei wat georganiseerde misdaad reg oor Suid-Afrika teiken. Hy sal voortgaan in sy provinsiale rol terwyl hy ‘n taakspan bestaande uit verskeie agentskappe koördineer wat fokus op sindikate, dwelmnetwerke en interne korrupsie binne wetstoepassing. Mkhwanazi sê die projek is daarop gemik om nasionale misdaadintelligensie te versterk, insluitend die politieke moorde-taakspan, terwyl bestendigheid in KwaZulu-Natal se wetstoepassing gehandhaaf word:
# Die voormalige Zimbabwiese president Robert Mugabe se seun, Bellarmine, en sy medebeskuldigde, Tobias Matonhodze, het skuldig gepleit op verskeie aanklagte in die Streekhof in Alexandra, Gauteng. Mugabe, verdedig deur advokaat Laurence Hodes, het skuldig gepleit op aanklag van rig van ‘n vuurwapen en oortreding van immigrasiewette. Matonhodze het skuldig gepleit aan poging tot moord, regsverydeling, onwettige immigrasie en die besit van ammunisie. Die saak volg op ‘n skietvoorval by ‘n woning in Hydepark, Johannesburg, in Februarie waarin ‘n werknemer gewond is. Die saak is uitgestel tot volgende Vrydag.
# Die geskorste finansiële hoof van Tshwane, Gareth Mnisi, het bewerings ontken dat hy interne metropolisie-inligting met die geskorste sersant van georganiseerde misdaad, Fannie Nkosi, gedeel het. Mnisi het voor die Madlanga-kommissie getuig en Nkosi beskryf as ‘n betroubare vriend tydens ‘n moeilike egskeiding en sê hulle verhouding is persoonlik. Hy erken hy het algemene werksfrustrasies bespreek, maar ontken enige oortreding of betrokkenheid by tendermanipulering:
# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika streef om handels- en beleggingsbande met Spanje te versterk. Hy het tydens die Spanje-Suid-Afrika-sakeforum in Madrid geleenthede in hernubare energie, vervaardiging, kritieke minerale en elektriese voertuie uitgelig. Ramaphosa het ook Spaanse beleggers genooi om saam te werk aan ‘n pyplyn van een-duisend-miljard-rand se projekte, aangesien Suid-Afrika homself posisioneer as ‘n deurgang na Afrika se breër mark:
# Gholf: Een van LIV Gholf se grootste trekpleisters, die Spanjaard Jon Rahm, is nie besonder bekommerd oor die toekoms van die wegbreekliga nie. Dit volg op gerugte dat Saoedi-Arabië se Openbare Beleggingsfonds sy finansiële steun kan onttrek. LIV se jongste toernooi in Mexiko het gister afgeskop, met Rahm wat ‘n eerste ronde-totaal van 65 aangeteken het, drie houe agter die voorloper, Victor Perez van Frankryk. Rahm sê dis sinneloos om oor gerugte te bekommerd tot die mense in beheer bevestig of dit geldig is of nie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-21-sent teen die dollar, 19-rand-20-sent teen die euro en 22-rand-1-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 76-duisend-820-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-869-dollar-34-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 86-dollar-70-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….