Nuus 17:00
BULLETIN 14 April 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Openbare Beskermer vrywaar Ramaphosa van enige oortreding na die opmerkings in die Ovaalkantoor
# Die Regsdienste-kommissie beveel Aubrey Ledwaba aan vir die posisie van regterpresident van Gauteng
# En rugby: Die Stormers se afrigter vaar uit teen kritiek op sy spelers
# Openbare Beskermer Kholeka Gcaleka het president Cyril Ramaphosa vrygespreek van enige oortreding van die uitvoerende etiese kode. Dit volg op ‘n klagte oor opmerkings tydens sy ontmoeting met die Amerikaanse president, Donald Trump, op 21 Mei verlede jaar in die Withuis se Ovaalkantoor. Dit ondersoek gaan oor die minister van Landbou, John Steenhuisen, se opmerkings oor koalisiereëlings in die regering van nasionale eenheid. Steenhuisen het gesê die DA het die MK-party en die EFF verhoed om by die regering aan te sluit. Gcaleka het geen bewyse van wangedrag gevind nie.
# Die Regsdienste-kommissie het die adjunk-regterpresident van Gauteng, Aubrey Ledwaba, aanbeveel vir aanstelling as regterpresident van die Hooggeregshofafdeling in die provinsie. Ledwaba, wat die enigste kandidaat vir die pos was, dien sedert 2013 in die afdeling se leierskap. Die aanbeveling word nou aangestuur na president Cyril Ramaphosa vir finale aanstelling. Indien goedgekeur, sal Ledwaba amptelik die leierskap van die land se besigste hofafdeling oorneem, en toesig hou oor saakbestuur en geregtelike administrasie reg oor Gauteng.
Ledwaba het tydens sy onderhoud gesê hy is gereed om die afdeling te lei weens sy ervaring van die Forum vir Hofhoofde en die Landdroste-kommissie. Hy het die swaar werklas van albei rolle erken en sê besprekings met die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, mag nodig wees. Ledwaba sê sy blootstelling aan geregtelike leierskapstrukture het hom toegerus vir sleutelverantwoordelikhede:
# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, verwelkom die Vereniging vir Kommunikasie en Tegnologie se besluit om sy hofsaak teen die die departement se aanlyn bevestigingsfooie te laat vaar. Die woordvoerder, Carli van Wyk, sê die vereniging het hom verlede jaar na die Gautengse Hooggeregshof gewend oor die nuwe pryse, maar het die saak verlede week teruggetrek. Sy sê die fooiveranderings het die stelsel verbeter, probleme verminder en gehelp met opknappings aan sy groter digitale hervormings- en identiteitsdiensteprogram.
# Rugby: Die Stormers se afrigter, John Dobson, het kritiek op sy spelers as heeltemal ongegrond en neerdrukkend beskryf. Die span is hewig gekritiseer omdat hulle nie die bal wyd beweeg het teen 13 man nie, terwyl losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu ook gestriem is omdat hy nie ‘n skepdoelkans benut het voor die pale in hul nederlaag teen Toulon in die Kampioenebeker nie. Dobson sê dis belaglik om Feinberg-Mngomezulu te beskuldig:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-34-sent teen die dollar, 19-rand-28-sent teen die euro en 22-rand-19-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 74-duisend-599-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-777-dollar-30-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 94-dollar-78-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….