Nuus 09:00
BULLETIN 10 April 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa sê die Amerikaanse Kamer van Koophandel bly ‘n geloofwaardige stem
# SALGA vra vir gekoördineerde nasionale reaksie op die water- en sanitasiekrisis
# En tennis: Alcaraz en Sinner is deur na die kwarteindronde in Monte Carlo
# President Cyril Ramaphosa sê die Amerikaanse Sakekamer in Suid-Afrika is ‘n kampvegter vir die versterking van handels-, beleggings- en kommersiële bande tussen die twee lande. Meer as 600 Amerikaanse maatskappye word in die land bedryf en het na raming sowat 250-duisend Suid-Afrikaners in diens. Ramaphosa het gister die Amerikaanse Sakekamer se jaarlikse algemene vergadering in Johannesburg toegespreek en sê ten spyte van ʼn moeilike globale omgewing, is handel- en beleggingsverhoudings tussen Suid-Afrika en Amerika sterk.
# Die Vereniging van Staatsamptenare vra dat die regering oplossings vind vir strukturele kwessies in die brandstofprys-model, insluitend belastings en heffings wat werkers buite verhouding swaar raak. Dit volg te midde van die regering se pogings om die stygende brandstofprys te verlig deur kers op te steek by lande met soortgelyke uitdagings. Claude Naicker van die vereniging sê stygende brandstofpryse is nie net ‘n energiekrisis nie, maar raak ook arbeid, die ekonomie en maatskaplike geregtigheid:
# Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plaaslike Regerings sê byna die helfte van afvalwaterstelsels is in ‘n kritieke toestand, hoofsaaklik as gevolg van verouderende infrastruktuur, vaardigheidstekorte en finansiële beperkings. Die woordvoerder van SALGA, Motalatale Modiba sê die bevindinge van die jongste groen druppel-, blou druppel- en geen druppel-verslae toon volgehoue druk op munisipale waterstelsels, met stygende risiko’s vir afvalwaterbehandeling en drinkwatergehalte. Modiba doen ‘n beroep op ‘n gekoördineerde nasionale optrede om die krisis aan te spreek:
# Tennis: Die wêreld-nommer-een en verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz van Spanje, is deur na die Monte Carlo Meesters se kwarteindronde nadat hy met die Argentyn, Tomas Martin Etcheverry, afgereken het. Jannik Sinner van Italië kan moontlik weer sy plek as wêreld-nommer-een inneem nadat hy die Tsjeg, Tomas Machac, verslaan het. Valentin Vacherot is die eerste Monegask in die Ope-era wat die laaste agt in Monte Carlo haal nadat hy die wêreld-nommer-ses, Hubert Hurkacz van Pole, geklop het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-40-sent teen die dollar, 19-rand-18-sent teen die euro en 22-rand-1-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 71-duisend-937-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-7658-dollar-85-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 93-dollar-39-sent per vat.
# En ter afsluiting . . .Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het Span Suid-Afrika gelukgewens met hulle skitterende prestasie by die agtste Afrika-spel-wedstryd wat in Harare, Zimbabwe, plaasgevind het. Die span is algeheel eerste, met Nigerië tweede en die tuisspan, Zimbabwe, in die derde plek. Die 13-jarige Ashton Singh het tweede plek behaal in die junior afdeling. Terrence Khala van die departement sê hierdie oorwinning gaan oor dissipline, selfvertroue en ʼn liefde vir tale:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….