Nuus 18:00
BULLETIN 9 April 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Julius Malema kritiseer die vertraging met die uitspraak oor die Phala Phala-saak
# ActionSA vra dat die beskerming van verklikkers versnel word
# En tennis, Fonseca skakel Berrettini uit in ronde van 16 by Monte-Carlo Meesters
# Die leier van die EFF, Julius Malema sê vertragings met die lewering van ‘n uitspraak in president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-saak wek ernstige kommer oor aanspreeklikheid en billikheid. Die Konstitusionele Hof het bevestig die uitspraak of die Parlement gefouteer het in sy hantering van die Limpopo-plaasroofsaak, is in ’n gevorderde stadium en kan in die komende maand verwag word. Malema het aan die media gesê die vertraging kan moontlik die publiek se vertroue in die regstelsel ondermyn:
# ActionSA het die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, gevra vir ‘n dringende vergadering om die wetgewing oor die beskerming van verklikkers te versnel. Malebo Kobe van die party sê die Wet op Afgestorwe Verklikkers beoog om die Wet op Openbare Verkryging te wysig, verbeterde beskerming te bied, aansporings te skep en privaat vervolgings moontlik te maak. Sy sê die organisasie vra belyning om te verseker die wetgewing word voor die einde van die jaar goedgekeur om toekomstige tragedies soos die dood van die verklikker Babita Deokaran te voorkom:
# Sesi Baloyi van die Madlanga-kommissie het die Tshwane-metropolisie se direkteur vir bates, Tshukudu Malatji, ondervra oor ‘n sekuriteitstender van miljoene rand wat gekanselleer is weens vermiste dokumente en later deur ‘n hof herstel is. Die eerste tender-evalueringskomitee, waarvan Malatji ‘n lid was, het na bewering tenderdokumente van die voorsieningskettingbestuur se perseel na ‘n onbekende plek verwyder, waarna dokumente weggeraak het. Malatji sê hy is nie vertroud met die volle besonderhede van die saak nie:
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê die Gautengse Beleggingskonferensie wil tot 200-miljard-rand in nuwe verbintenisse verseker om ekonomiese groei te bevorder. Mashatile het tydens die konferensie in Johannesburg beklemtoon hoe belangrik vennootskappe tussen die regering en die privaat sektor is om werkskepping, infrastruktuur en innovasie te bevorder. Hy sê die provinsie speel ‘n belangrike rol met die implementering van nasionale beleggingsplanne, wat voortbou op beloftes wat tydens die Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie gemaak is:
# Tennis: Die Italianer Matteo Berrettini het in skoon stelle teen Joao Fonseca van Brasilië verloor in die Monte-Carlo-meesterstoernooi se ronde van 16 nadat hy die sewende-gekeurde Rus Daniil Medvedev in die vorige ronde verpletter het. Die 29-jarige Berrettini het nie antwoorde gehad vir die 19-jarige se kragtige vertoning nie en 6-3, 6-2 verloor. Die derde-gekeurde Duitser Alexander Zverev het maklik ontslae geraak van die Belg Zizou Bergs. Die wêreld se twee beste spelers, die Spanjaard Carlos Alcaraz en die Italianer Jannik Sinner, speel vandag in die ronde van 16.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-44-sent teen die dollar, 19-rand-21-sent teen die euro en 22-rand-7-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 70-duisend-643-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-765-dollar-1-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 96-dollar-43-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….