Nuus 07:00
BULLETIN 8 April 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa sê hy sal binnekort oor Masemola besluit
# Business Leadership SA sê die land het beter gereageer op globale skokke as ander
# En krieket: David Warner is aangekla van dronkbestuur
# President Cyril Ramaphosa sê hy sal binnekort ‘n besluit neem oor die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, wat op 21 April in die hof moet verskyn. Dit hou verband met ʼn tender van 360-miljoen-rand wat onregmatig aan Medicare24 toegeken is, en wat aan die omstrede, misdaad-beskuldigde sakeman, Vusumuzi ‘Cat’ Matlala, behoort. Twaalf senior polisiebeamptes en die Medicare24-direkteure, James Murray en Matlala, het in Maart in die hof verskyn. Ramaphosa sê hy hanteer die saak:
# Business Leadership South Africa sê die land se markte het wêreldwye druk van verkooppryse beter as ander hanteer en hervormingsmomentum onderskei dit van ander opkomende markte wat die oliekrisis hanteer. Dit volg nadat die Midde-Oosterse konflik en sluiting van die Straat van Hormoes oliepryse wêreldwyd laat styg het. BLSA se uitvoerende hoof, Busiswe Mavuso, sê wanneer oliepryse stabiliseer en wêreldmarkte bestendig raak, moet Suid-Afrika gereed wees as die mededingende, hervorming-gedrewe bestemming wat volhoubare belegging lok.
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die parlement se voorgestelde etiese reëls het steeds leemtes wat lede van die Parlement kan toelaat om aanspreeklikheid te vermy. Die organisasie waarsku dat parlementslede onder die huidige voorstelle kan bedank voordat ondersoeke voltooi is, met klagtes wat aan die einde van ‘n parlementêre termyn verval. OUTA sê te ligte strawwe mag oortredings dalk nie stop nie. Stefanie Fick van OUTA sê duidelike, afdwingbare reëls is noodsaaklik om openbare vertroue te herstel:
# Die DA in die Oos-Kaap het strafregtelike klagtes teen die burgemeester van Nelson Mandelabaai, Babalwa Lobishe, ingedien. Die party beskuldig haar daarvan dat sy die Parlement mislei het, teenstrydig met die Wet op Bevoegdhede en Voorregte. Marina van Zyl van die DA sê die aanklagte spruit uit Lobishe se versuim om vroeër vanjaar voor ‘n parlementêre komitee te verskyn om rekenskap te gee oor 22 munisipale kontrakte wat ondersoek word en 1,2-miljard-rand in onbestede toelaes:
# Rusland en China het ʼn afgewaterde Bahrein-geleide konsepresolusie, wat bewakende, gekoördineerde pogings aanmoedig om die Straat van Hormoes te heropen, by die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad geveto. Elf lande het daarvoor gestem, en twee raadslede, Pakistan en Colombia, het buite stemming gebly. Een vyfde van die wêreld se olie word gewoonlik deur die Straat van Hormoes vervoer en Iran se greep tydens die oorlog het oliepryse die hoogte laat inskiet. Die resolusie eis ook dat Iran onmiddellik aanvalle op vrag- en handelskepe staak, hulle vrye toegang deur die Straat gee, en ophou om burgerlike infrastruktuur te teiken.
# Krieket: Een van Australië se mees bekroonde krieketspelers, David Warner, is in Sydney van dronkbestuur aangekla. Die 39-jarige Warner is Sondagaand in Maroubra afgetrek vir ʼn roetine-asemtoets, wat positief was. Polisie in Nieu-Suid-Wallis sê ʼn tweede toets by die Maroubra-polisiekantoor was ook positief. Warner, wat in 2024 uit internasionale krieket getree het, is tans kaptein van Pakistan se Superliga-span, Karachi Kings. Hy sal op 7 Mei in die hof verskyn.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-49-sent teen die dollar, 19-rand-25-sent teen die euro en 22-rand-10-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 71-duisend-531-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-801-dollar-65-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 92-dollar-74-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….