Nuus 11:00
BULLETIN 6 April 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Saftu verwelkom die Wysigingswet op die Staatsdiens
# ‘n Saak van strafbare manslag is geopen na sewe in ‘n botsing in Gqeberha sterf
# En Pous Leo vra wêreldleiers om vrede te kies in sy eerste Paasmis-boodskap
# Die Suid-Afrikaanse Vakbondfederasie, SAFTU, het die inwerkingtreding van die Wysigingswetsontwerp op die Staatsdiens verwelkom. Die hoofsekretaris Zwelinzima Vavi sê die wetgewing versterk bestaande reëls eerder as om nuwe maatreëls in te stel. Vavi sê dit versterk die skeiding tussen politieke en administratiewe rolle. Hy voeg by die belangrikste uitdaging is steeds die handhawing van grondwetlike beginsels en die verbetering van aanspreeklikheid binne die staatsdiens:
# Die Pad-etiekprojek vra strenger gevolge vir motoriste wat selfone gebruik terwyl hulle bestuur. Die stigter, Lee Randall, sê selfs handvrye gesprekke hou ernstige afleiding in, en vergelyk die gevaar met dronkbestuur. Randall het in ‘n onderhoud met Newzroom Afrika sterker regulasies en afdwinging aangemoedig. Sy beklemtoon ook die behoefte aan verbeterde padontwerp om botsings te verminder en algehele padveiligheid te verbeter:
# Die polisie in Gqeberha ondersoek ‘n saak van strafbare manslag nadat sewe mense in ‘n botsing reg van voor dood is. Die ongeluk tussen ‘n vragmotor en sewe-sitplekvoertuig, het op die M17 tussen KwaZakhele en Motherwell plaasgevind. ‘n Woordvoerder van die vervoerdepartement, Unathi Binqose, sê al die insittendes van die motor is op die toneel dood verklaar, terwyl die vragmotorbestuurder vir trauma behandel is. Hy het motoriste aangespoor om meer waaksaam en versigtig op die paaie te wees, aangesien swaar verkeer verwag word met mense wat na die Paasvakansie huiswaarts keer.
# Die president van Vrystaat Landbou, Francois Wilken, waarsku bek-en-klouseer versprei vinnig en het ‘n kritieke stadium bereik. Hy sê dringende massa-inenting van vee word binne maande benodig om die uitbreking te beperk. Wilken beklemtoon entstoftekorte en bepleit vinniger verspreiding. Hy vra ook samewerking tussen die regering en privaat boere. Hy beklemtoon hoe noodsaaklik dit is om op landelike en gemeenskaplike boerderygebiede te fokus om verdere verspreiding te voorkom en die landbousektor te beskerm.
# Duisende aanbidders het Sondag na die St Peters-plein gestroom om na Pous Leo se boodskap tydens sy eerste Paasmis as pous te luister. Die pous het diegene wat die mag het om oorloë te ontketen, gevra om eerder vrede te kies. Leo het die afgelope weke herhaaldelik voortslepende wêreldwye konflikte veroordeel en ‘n reeks Heilige Week-preke gebruik om te waarsku teen wat hy beskryf het as ‘n toenemende onverskilligheid teenoor oorlog en lyding. Die pous het ook aangekondig dat hy op 11 April na die basilika sal terugkeer om ‘n gebedswaak vir vrede te lei.
# En ten slotte: Sokker: Leeds het vir die eerste keer in 39 jaar die halfeindstryd van die FA-beker gehaal na hulle ‘n dramatiese strafdoelskietery oorleef het. Dit het gebeur na hulle ‘n voorsprong van twee doele teen West Ham verspeel het. Daniel Farke se span was oomblikke weg van ‘n oorwinning in die Londen-stadium na Ao Tanaka se doel in die eerste helfte en Dominic Calvert-Lewis se strafdoel in die tweede helfte hulle in beheer geplaas het. Met die telling op twee elk na bykomende tyd het Leeds egter met 4-2 met strafdoele gewen. Hulle kom nou op die naweek van 25-26 April teen Chelsea op Wembley te staan.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….