Nuus 13:00
BULLETIN 28 Januarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ACDP gaan Ramaphosa uitdaag oor sy opmerkings oor die uitspraak van die Internasionale Geregshof en die Palestynse staat.
# Die aanstelling van Thulasizwe Buthelezi as die AmaZulu-eerste minister bring nuwe hoop vir die Koninklike Huis
# En, krieket: Suid-Afrika klop Skotland en kwalifiseer vir die Wêreldbeker Onder-19 Super Sesse
# Die leier van die African Christian Democratic Party, Kenneth Meshoe, sê sy party beplan om president Cyril Ramaphosa in die parlement uit te daag oor sy opmerkings oor die uitspraak van die Internasionale Geregshof en die Palestynse staat. Meshoe voer aan, lande wat vrede najaag behoort Hamas aan te moedig om Israel se reg te erken om binne veilige grense te bestaan. Die ACDP glo die uitspraak behoort te lei tot ‘n hernude poging vir ‘n skietstilstand en onderhandelings oor ‘n permanente tweestaat-oplossing. Dit sal Israel en Palestina toelaat om sy-aan-sy as permanente state te bestaan.
Intussen sê die handelsmerk en reputasie-kenner Solly Moeng sê die hof se uitspraak ten gunste van Suid-Afrika in sy saak teen Israel het ‘n positiewe uitwerking gehad op die land se handelsmerk en reputasie. Moeng het op eNCA beklemtoon die uitspraak het Suid-Afrika se status as die voorspraakmaker vir die Globale Suide verhoog. Hy vra ook lande in die Globale Noorde om die hof se uitspraak te respekteer:
Dokters Sonder Grense berig intussen, die Nasser-hospitaal, die grootste oorblywende mediese instelling in die Gazastrook, is nie in staat om mediese sorg te gee nie. Die hospitaal het swaar deurgeloop onder die voortgesette bombardering deur Israel se weermag. Daar is ongeveer 350 pasiënte in die hospitaal oor. Hulle is nie in staat om weg te kom nie omdat die personeel gedwing is om te vlug. Gaza se Gesondheidsministerie het die sistematiese aanvalle op gesondheidsorggeriewe veroordeel. Hy beklemtoon die dringende noodsaaklikheid dat die aanvalle stopgesit moet word sodat gewondes mediese sorg kan kry.
# ‘n Lektor in Geskiedenisstudies aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, Kuthula Thwala, sê die aanstelling van Thulasizwe Buthelezi as die AmaZulu-eerste minister bring nuwe hoop vir die Koninklike Huis. Koning MisuZulu kaZwelithini het die aanstelling aangekondig by die herdenking van die Slag van Isandlwana. Hy neem die leisels oor na die dood van prins Mangosuthu Buthelezi. Thwala het aan Newzroom Afrika gesê Buthelezi is die regte persoon om die sake van die Koninklike Huis onder die koning te hanteer:
# En, laastens Krieket: Suid-Afrika het Skotland in Potchefstroom met sewe paaltjies geklop met nog 23 beurte oor en sodoende gekwalifiseer vir die Wêreldbeker Onder-19 Super Sesse as die Groep B-wenners. Die aanvangskolwer Jamie Dunk en kaptein Owen Gould het onderskeidelik vir 90 en 97 lopies gesorg in Skotland se telling van 269 vir nege. Riley Norton was die beste bouler en het drie paaltjies ingepalm. In antwoord daarop het Steven Stolk losgetrek met 86 lopies en ‘n onoorwonne 80 deur Dewan Marais het Suid-Afrika se oorwinning vasgeknoop. Pakistan en Zimbabwe is ook deur na die Super Sesse.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….