Nuus 08:00
BULLETIN 28 Januarie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Wes-Kaapse LUR vir Polisietoesig en Gemeenskapsveiligheid, Reagan Allen, veroordeel die moord op ‘n polisiebeampte in Khayelitsha
# Die Amerikaanse handelsagentskap ontvang ‘n Suid-Afrikaanse skoon-energie-afvaardiging vir samewerking oor groenwaterstof
# En, die Springbokke se direkteur van Rugby, Rassie Erasmus, sterk in die hospitaal aan ná ‘n fratsongeluk
# Die Wes-Kaapse LUR vir Polisietoesig en Gemeenskapsveiligheid, Reagan Allen, het die moord op ‘n polisiebeampte, wat van diens af was, en sy vriend Vrydagaand, op die vooraand van Nasionale Polisiedag, in Khayelitsha veroordeel. Allen sê die beampte was verbonde aan Kaapstad-sentraal SAPD maar by die howe gestasioneer. ’n Soektog is aan die gang na die oortreders, want owerhede soek geregtigheid in reaksie op hierdie tragiese voorval:
# Die Israelse menseregte-organisasie, Israelis Against Apartheid, het gewaarsku die land kan verdere regstappe in die gesig staar as hy nie sy beleid aanspreek nie. Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het die uitspraak deur die Internasionale Geregshof gekritiseer en beskryf dit as verregaande en diskriminerend teen die Joodse staat. Die Geregshof het Israel beveel om aanhitsing tot volksmoord te voorkom en te straf, en om die verskaffing van humanitêre hulp aan burgerlikes in Gaza te verseker. Israelis Against Apartheid se verteenwoordiger, Ofer Neiman, sê die ICJ-uitspraak is van groot belang:
# Die Amerikaanse Handels- en Ontwikkelingsagentskap ontvang van vandag af tot 7 Februarie ‘n Suid-Afrikaanse skoon-energie-afvaardiging. Hulle sal met Amerikaanse maatskappye skakel, demonstrasies bywoon van gevorderde Amerikaanse tegnologie, en vennootskappe vorm om Suid-Afrika se groenwaterstof-ekostelsel ‘n hupstoot te gee. Die agentskap sal ook in Houston ‘n openbare sake-inligtingsessie aanbied om Amerikaanse maatskappye in te lig oor komende kommersiële groenwaterstof-vooruitsigte. Dit gebeur terwyl Suid-Afrika groen-energie in sy energie-oorskakeling voorop stel.
# Rugby: Die Leeus se losskakel Jordan Hendrikse het misluk met ‘n strafskop van 55-meter heel aan die einde, wat die Bulle gister ‘n dramatiese 30-28 oorwinning oor hulle bure gegee het in die Verenigde Rugby Kampioenskap Jukskei derby op Loftus Versfeld. Aan die einde van die spannende wedstryd was die Bulle vierde op die VRK-puntelys, wat hulle in die boonste groep plaas terwyl die spanne vir twee weke rus aan die begin van die Ses Nasies. Die Leeus se verloor-bonuspunt het hulle bo Munster laat opskuif in die 10de posisie, maar hulle kon vierde gelê het as die skop oor was.
En ons sluit af met nuus wat met die sport verband hou: Die Springbokke se direkteur van Rugby, Rassie Erasmus, is ná ‘n fratsongeluk in die hospitaal opgeneem. SA Rugby sê in ‘n verklaring Erasmus sterk aan na ‘n mediese prosedure vir chemiese brandwonde wat hy in opgedoen het terwyl hy ‘n kragtige skoonmaakmiddel gebruik het. Die verklaring sê Erasmus is nie in enige langtermyn gevaar nie, en is andersins in goeie gesondheid en verwag om volgende maand voltyds terug te keer werk toe.
Bly ingeskakel vir meer nuus………………