Nuus 18:00
BULLETIN 25 Maart 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# COSATU lê die Wetsontwerp oor die Verdeling van Inkomste voor
# Die Forum for South Africa eis die volle bekendmaking van al Eskom se kontrakte
# En, die NVG sê die staat is gereed vir Matiphandile Sotheni se borgtogverhoor, en wag op die verdediging
# COSATU het sy voorlegging oor die 2026/27-begroting se Wet op die Verdeling van Inkomste aan die Parlement se Gekose Komitee oor Toewysings voorgelê. Woordvoerder, Matthew Parks, het tydens die voorlegging die 2026/27-begroting gekritiseer. Parks sê die begroting slaag nie daarin om werkloosheid, stadige groei en sukkelende openbare dienste aan te pak nie. Hy verwelkom toekennings aan gesondheid, onderwys en infrastruktuur, maar voer aan die plan fokus op die balansering van finansies en nie op die bevordering van ekonomiese groei en werkskepping nie:
# Die Forum for South Africa eis die openbaarmaking van alle Eskom-kontrakte en ‘n openbare oudit van sy steenkool- en dieselverkrygingsprosesse. Die Appèlhof het die kragvoorsiener Maandag gelas om besonderhede van sy steenkool- en dieselverkrygingskontrakte aan AfriForum bekend te maak. Die leier van FOSA, Tebogo Mashilompane, sê Eskom weerhou doelbewus kritieke inligting:
# Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die Brakpan-landdroshof het aangedui dat borgtogreëlings vir die voormalige SAPD Spesiale Taakmaglid, Matiphandile Sotheni, indien nodig voor 14 Mei aangehoor kan word. Sotheni word daarvan beskuldig dat hy Marius van der Merwe, bekend as Getuie D, na bewering in Desember vermoor het. NVG se Lumka Mahanjana sê ondersoeke is aan die gang, met meer moontlike persone van belang wat na vore mag kom. Sy sê die beskuldigde het ‘n saak om te beantwoord:
# Pakistan het ‘n voorstel deur die Verenigde State aan Iran gelewer dat Pakistan of Turkye ontmoetingsplekke kan wees vir besprekings om die oorlog in die Golf af te skaal. Reuters sê dit is deur ‘n senior Iranse amptenaar onthul, op voorwaarde van anonimiteit. Die Iranse bron het nie besonderhede oordie voorstel bekend gemaak nie, en of dit dieselfde was as ‘n 15-punt Amerikaanse raamwerk waaroor nuusagentskappe berig het. Die opmerkings is seldsame tekens dat Teheran moontlik diplomatieke voorstelle mag oorweeg, ten spyte daarvan dat hulle in die openbaar volhou dat geen gesprekke gevoer word nie.
# Motorsport: Max Verstappen sê die Japannese Grand Prix is een van sy gunstelingwedrenne, maar sy kanse op ‘n vyfde agtereenvolgende oorwinning hierdie naweek lyk nie goed nie, met sy Red Bull wat sukkel met Formule Een se ingrypende nuwe regulasies. Mercedes neem sy vroeë oorheersing na Suzuka, met Ferrari as sy naaste uitdager. Verstappen was die afgelope vier jaar onoorwonne in Japan en hy het sy tweede wêreldtitel in 2022 daar verower. Sy probleme in China, waar hy weens ‘n verkoelingsprobleem tydens die die wedren moes onttrek, dui daarop dat sy Suzuka-oorheersing Sondag dalk ten einde kan loop.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-92-sent teen die dollar, 19-rand-60-sent teen die euro en 22-rand-63-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 71-duisend-394-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-553-dollar-89-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 96-dollar-32-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….