Nuus 13:00
BULLETIN 27 Februarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die African Transformation Movement loof die Geregshof se geskiedkundige uitspraak in Suid-Afrika se saak teen Israel
# Die Al Jama-ah-party beskryf die uitspraak as Suid-Afrika se trotste prestasie in sy 30 jaar van demokrasie.
# En, sokker: Die ronde van 16 in die Afrikabeker-toernooi begin vandag in die Ivoorkus.
# Die African Transformation Movement loof die Internasionale Geregshof se uitspraak teen Israel as ‘n mylpaal vir geregtigheid en vrede in Gaza. Die nasionale woordvoerder van ATM, Zama Ntshona, beskou die hof se voorskrifte om dade van volksmoord te voorkom as deurslaggewend vir geregtigheid en aanspreeklikheid. Ntshona beklemtoon die belangrikheid van die versekering van basiese dienste en humanitêre bystand vir Palestyne. Hy onderskryf ATM se toewyding aan die handhawing van menseregte en ondersteuning vir Gaza en Palestina vir ‘n toekoms gekenmerk deur dialoog, begrip en standhoudende vrede:
Die Al Jama-ah-party prys ook die uitspraak as Suid-Afrika se trotste prestasie in sy 30 jaar van demokrasie. Die party verwerp die Suid-Afrikaanse Sionistevereniging se uitbeelding daarvan as ‘n terugslag vir die ANC-regering. Die leier van Al Jama-ah, Ganief Hendricks, vier die hof se opdrag as ‘n betekenisvolle oorwinning en kritiseer die Ugandese regter Julia Sebutinde se teen-stem. Hendricks sê haar denkwyse druis in teen die Afrika-waarde van ubuntu:
# Suid-Afrikaners wat in die Verenigde Koninkryk woon, het die meeste belangstelling getoon om aan die komende algemene verkiesing deel te neem. Brittanje lei tot dusver met die hoogste aantal aanlyn kiesersregistrasies. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het kieserregistrasies geopen vir meer as 18-duisend-469 burgers wat in 101 lande regoor die wêreld woon, met behulp van die nuwe aanlyn registrasieportaalstelsel. Die OVK moedig Suid-Afrikaners wat in Soedan, Israel en Oekraïne woon aan om ook te registreer ondanks onsekerheid of hulle sal kan stem.
# Sokker: Die ronde van 16 in die Afrikabeker-toernooi begin vandag in die Ivoorkus. Namibië speel vanaand sewe-uur teen sy buurland, Angola, gevolg deur die wedstryd tussen Nigerië en Kameroen. Môreaand speel Ekwatoriaal-Guinee teen Guinee en Egipte kom teen die DR Kongo te staan. Maandag is dit Kaap Verde teen Mauritanië, en Senegal teen die gashere. Dinsdag speel Bafana Bafana teen Marokko, na die wedstryd tussen Mali en Burkina Faso.
# En, om mee af te sluit: Die Smile ID Digital Identity Fraud in Africa-verslag onthul, nasionale identiteitsdokumente is die primêre teiken van bedrieërs, met 80-persent van die aanvalle wat daarop fokus. Die uitvoerende hoof van Smile ID, Mark Straub, sê dokument- en biometriese bedrog het in die vierde kwartaal van 2023 ‘n rekord-hoogtepunt bereik. Die verslag maan, terwyl konnektiwiteit voordele bied, stel dit ook mense bloot aan misdadige uitbuiting, wat ‘n risiko inhou vir Afrika se digitale toekoms en ekonomie. Straub beklemtoon, as identiteitsbedrog bekamp word, sal dit finansiële bedrog teenwerk terwyl konnektiwiteit in Afrika uitbrei.