Nuus 14:00
BULLETIN 23 Maart 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Fannie Nkosi onthul die besonderhede oor bande tussen Matlala en senior SAPD-amptenare
# Lugdienste herstel geleidelik namate Suid-Afrikaanse reisigers by die stygende koste aanpas
# En rugby: Die Bok-vroue kwalifiseer vir die Sewes-Wêreldkampioenskapsreeks
# ‘n Beampte van die Gautengse Georganiseerde Misdaad-eenheid, Fannie Nkosi, het beweerde bande tussen die sakeman Vusimuzi Matlala en senior polisielede by die Madlala-kommissie uiteengesit. Nkosi beweer in ‘n verklaring Matlala het loopbaanbevordering beloof, met verwysing na verbintenisse met die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, en die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola. Nkosi beweer ook Sibiya het hom gevra om ‘n vergadering met die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, te reël te midde van spanning in polisieleierskapstrukture:
# Die SAPD weier om finansiële rekords wat verband hou met die taakspan vir politieke moorde vry te stel, ondanks ‘n skatting wat aandui die eenheid het belastingbetalers sedert 2018 ongeveer 426-miljoen-rand gekos. News24 berig dit is steeds onduidelik hoe die geld aangewend is, wat kommer oor deursigtigheid laat ontstaan. Vorige onthullings dui aan die eenheid het honderde-miljoene-rand verbruik, met besteding wat hoofsaaklik gedryf is deur reis-, verblyf- en oortydkoste. Die taakspan word tans ondersoek te midde van groeiende kommer oor aanspreeklikheid en die doeltreffendheid van sy uitgawes.
# Lugdienste herstel geleidelik ná ontwrigtings wat die VSA-Israel-konflik met Iran veroorsaak het en wat gelei het tot lugruimbeperkings en kansellasies. News24 berig Suid-Afrikaanse reisigers pas tans planne aan in plaas daarvan om reise te kanselleer, ondanks die stygende brandstofkoste en duurder vliegkaartjiepryse. Die vraag na reise bly sterk, met lugdienste wat vlugte herlei en bybetalings instel om uitgawes te bestuur. Reisigers kies alternatiewe roetes met sekere internasionale vlugte na en van Suid-Afrika wat begin terugkeer na normale bedrywighede.
# Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate sê hulle is vanoggend opnuut aangeval, met die klank van ontploffings en sirenes oor die olieryke Golf. Saoedi-Arabië se ministerie van Verdediging sê hulle het twee inkomende ballistiese missiele opgespoor wat op pad was na die hoofstad. Een is onderskep en die ander een het in ‘n onbewoonde gebied geval. Die Emirate se ministerie van Verdediging sê hulle het reageer op inkomende missiel- en hommeltuig-dreigemente deur Iran, en verduidelik die ontploffings was die gevolg van Lugverdedigingstelsels wat missiele en hommeltuie onderskep het.
# Rugby: Die Springbok-vroue sewesspan het gekwalifiseer vir die drie toernooie in Hong Kong, Valladolid en Bordeaux, wat deel uitmaak van die Sewes-Wêreldkampioenskapsreeks die einde van jaar. Suid-Afrika het die naweek derde geëindig in Montevideo in Uruguay, en drie van hul vyf wedstryde gewen. Argentinië, Duitsland en die VSA het ook vir die kampioenskap gekwalifiseer. Bok-vroue se afrigter Cecil Afrika sê hy is tevrede met die algehele prestasie van sy span:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-20-sent teen die dollar, 19-rand-76-sent teen die euro en 22-rand-82-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-445-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-264-dollar-42-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 109-dollar-10-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….