Nuus 08:00
BULLETIN 27 Januarie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Cyril Ramaphosa smeek by Israel om die menslike tragedie in Gaza stop te sit
# Die Onafhanklike Verkiesingskommissie en die Departement van Korrektiewe Dienste maak gereed vir gevangenes se kieserregistrasie
# En, tennis: Die eindstryde in die enkelspel vir mans en vroue in die Australiese Ope word dié naweek beslis.
# President Cyril Ramphosa sê die Internasionale Geregshof se uitspraak teen Israel is ‘n oorwinning vir internasionale reg, en geregtigheid vir die Palestynse volk. Die president het die voorlopige maatreëls verwelkom wat die hof beveel het om die menseregte van die Palestyne in die Gaza-strook te beskerm. Die uitspraak het bepaal Israel se optrede in Gaza kan moontlik as volksmoord beskou word. Ramaphosa sê die voorlopige maatreëls bind Israel regstreeks om die menslike tragedie wat in Gaza afspeel, te stuit:
Intussen kritiseer die Vryheidsfront Plus kritiseer die ANC se beweerde dubbele standaarde ná die Internasionale Geregshof se uitspraak in Suid-Afrika se saak teen Israel se optrede in Gaza. Die party striem die regering se voorkeure en wys op ekonomiese uitdagings en ‘n hoë moordsyfer in die land. Partyleier Pieter Groenewald daag die ANC se besluit uit om internasionale sake bo erge binnelandse kwessies te stel, soos werkloosheid. Hy vra deursigtigheid in die koste wat Suid-Afrikaanse belastingbetalers vir die saak moet betaal:
Die Israelse lugredery El Al het vroeër aangekondig hy sal sy bedrywighede op die Johannesburg-Tel Aviv-roete aan die einde van Maart opskort. Dit is ‘n gevolg van ‘n aansienlike afname in aanvraag deur Israelse reisigers na Suid-Afrika en ander bestemmings. Die laaste El Al-vlug van Tel Aviv na Johannesburg is geskeduleer om op 27 Maart te vertrek. Die aankondiging val saam met ander internasionale rederye wat vlugte na Tel Aviv opskort of maan teen reise na Israel.
# Die Onafhanklike Verkiesingskommissie en die Departement van Korrektiewe Dienste maak gereed vir gevangenes se kieserregistrasie vanaf Dinsdag tot Donderdag. Die OVK reël die aflewering van identiteitsdokumente aan korrektiewe sentrums deur uit te reik na gevangenes se families. Familielede word versoek om ID-boeke met ‘n groen strepieskode, slimkaarte of tydelike identifikasiesertifikate te verskaf. Korrektiewe sentrums sal ID’s aanvaar vir gevangenes wat vonnisse in verafgeleë plekke uitdien. Die kommissie sê gevangenes het die reg om te stem, en moedig hulle aan om aan vanjaar se verkiesing deel te neem deur hul kiesersregistrasiebesonderhede op datum te bring.
# En, tennis: Die eindstryde in die enkelspel vir mans en vroue in die Australiese Ope word hierdie naweek beslis. Vandag is dit die verdedigende kampioen, Aryna Sabalenka,van Belarus, teen Qinwen Zheng van China, wat vir haar eerste eindstryd van ‘n Grand Slam-toernooi gekwalifiseer het. Môre hoop Daniil Medvedev dit is die derde keer skeepsreg nadat hy sy vorige twee eindstryde verloor het. Hy speel teen Jannik Sinner van Italië, wat onverwags die botoon gevoer het oor die tienmalige kampioen, Novak Djokovic van Serwië, om sy eerste eindstryd in ‘n Grand Slam-toernooi te haal. Die wenners verdien 40-miljoen-rand en die verloorders 22-miljoen-rand.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….