Nuus 15:00
BULLETIN 17 Maart 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Polisiekommissaris Masemola bevraagteken die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde
# Israel sê hy’t Iran se veiligheidshoof doodgemaak
# En krieket: Nieu-Seeland maak die T20-reeks teen die Proteas gelyk met ‘n oorwinning van 68 lopies in Hamilton
# Nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het aan die parlementêre ad hoc-komitee gesê hy het tydens ‘n hoëvlakvergadering die redenasie rondom die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde bevraagteken. Hy sê die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het nie duidelike redes verskaf nie, ondanks kommer van senior amptenare. Masemola voeg by meningsverskille het ontstaan of dit ‘n werklike ontbinding of slegs ‘n herstruktureringsproses was, met lede wat moontlik verskuif sal word:
# Die vakverbond Saftu sê die Poskantoor-krisis is die gevolg van mislukte beleid en bestuur. Die Poskantoor se sakereddingspraktisyns het gesê hulle beplan om met ‘n likwidasieproses te begin. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, sê die regering moet enige planne om die Poskantoor te likwideer, tersyde stel en eerder beslissend optree om bestuur te herstel, verlore inkomste in te vorder en die staatsinstelling te herbou:
# Sasol sê sy nuwe onsteningsaanleg in Mpumalanga verbeter reeds die steenkoolgehalte en operasionele prestasie. Die aanleg ondersteun produksie by Sasol se aanleg in Secunda deur rotsfragmente en ander onsuiwerhede uit ontginde steenkool te verwyder. Die uitvoerende hoof, Simon Baloyi, sê die aanleg het onsuiwerhede tot onder 14-persent verminder, wat die doeltreffendheid van die omskakeling na gas verbeter en gehelp het om produksie in die eerste kwartaal te verhoog.
Nuus uit die buiteland:
# Israel se minister van Verdediging, Israel Katz, sê Iran se veiligheidshoof, Ali Larijani, is doodgemaak. Die Israelse Weermag sê hy het ook verlede nag die Basij-magsbevelvoerder, Gholamreza Soleimani, doodgemaak tydens ‘n aanval op die Iranse hoofstad, Teheran. Iran het nog nie kommentaar gelewer nie. Israelse lugaanvalle het ook drie woonbuurte in Beiroet, Libanon, geteiken. Die woordvoerder van die Verenigde Nasies se Menseregtekantoor in Genève, Switserland, Thameen al-Kheetan, sê Israelse lugaanvalle het woongeboue in digbevolkte stedelike omgewings vernietig en gesinne uitgewis.
# Krieket: Nieu-Seeland het Suid-Afrika se mans met 68 lopies verslaan in die tweede T20 in Hamilton om die reeks van vyf wedstryde gelykop te maak. Die gashere het 175 vir ses aangeteken danksy aanvangskolwer Devon Conway se 60 en ‘n puik laaste boulbeurt van 25 lopies van die boulwerk van die Protea-kaptein, Keshav Maharaj. Die Proteas het vroeg begin paaltjies veloor en die laaste het in die 16de boulbeurt geval met slegs 107 op die telbord. George Linde het 33 aangeteken. Die derde T20 word Vrydag in Auckland beslis.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-73-sent teen die dollar, 19-rand-26-sent teen die euro en 22-rand-31-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 73-duisend-990-dollar. Die prys van goud is vyf-duisend-en-9-dollar-30-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 100-dollar-35-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….