Nuus 14:00
BULLETIN 17 Maart 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Polisievakbond vra uittrede-ondersoeke ná die inhegtenisneming van ‘n voormalige Spesiale Taakmag-lid vir Getuie D se moord
# Soil of Africa vra ‘n nuwe toegewyde taakmag om massaskietvoorvalle te ondersoek
# En krieket: Nieu-Seeland maak die T20-reeks teen die Proteas gelyk met ‘n oorwinning met 68-lopies in Hamilton
# Die polisievakbond IPUSA vra strenger uittrede-ondersoeke van polisielede ná die inhegtenisneming van ‘n voormalige lid van die Spesiale Taakmag vir die moord op die Madlanga-kommissie se getuie, Marius van der Merwe. Matipandile Sotheni staan tereg op altesaam ses aanklagte nadat Van der Merwe in Desember in Brakpan vermoor is. Die vakbond se woordvoerder, Mpho Kwinika, waarsku lede van die Spesiale Taakmag verkeer in gevaar om gewerf te word deur misdaadsindikate en vra voortgesette monitering ná uittrede.
Intussen het die kommissie teenstrydige getuienis aangehoor oor die verhouding tussen die geskorste adjunk-nasionale polisie-kommissaris, Shadrack Sibiya, en die KwaZulu-Natalse kommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Sersant Fannie Nkosi het voor die ondersoek getuig die twee het tye van samewerking en spanning ervaar. Hy sê Sibiya het hom al gevra om te help om die verhouding te herstel, en pogings voorgestel om verskille op te los ondanks voortdurende meningsverskille:
# Die Soil of Africa-beweging vra dat die polisie ‘n spesiale nasionale taakmag stig om massa-skietvoorvalle en georganiseerde aanvalle te ondersoek. Dit volg op die naweek se skietery in Eldoradopark, Gauteng, waarin twee mense dood en ses gewond is. Die beweging se voorsitter, Bongani Ramontja, sê meer taktiese patrollies en hoësigbaarheids-wetstoepassing moet in hoërisiko-gemeenskappe ontplooi word:
# Krieket: Nieu-Seeland het Suid-Afrika se mans met 68 lopies verslaan in die tweede T20 in Hamilton om die reeks van vyf wedstryde gelykop te maak. Die gashere het 175 vir ses aangeteken danksy aanvangskolwer Devon Conway se 60 en ‘n puik laaste boulbeurt van 25 lopies van die boulwerk van die Protea-kaptein, Keshav Maharaj. Die Proteas het vroeg begin paaltjies veloor en die laaste het in die 16de boulbeurt geval met slegs 107 op die telbord. George Linde het 33 aangeteken. Die derde T20 word Vrydag in Auckland beslis.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-72-sent teen die dollar, 19-rand-24-sent teen die euro en 22-rand-28-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 73-duisend-645-dollar. Die prys van goud is vyf-duisend-en-4-dollar-84-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 100-dollar-51-sent per vat.
# En ten slotte: Polisielede en paramedici is dikwels eerste op die toneel wanneer ‘n tragedie toeslaan. Navorsing van die Universiteit van die Wes-Kaap toon hoër vlakke van spanning en sielkundige nood veroorsaak ‘n groter waarskynlikheid dat hulle hul tot skadelike drankgebruik sal wend as ‘n manier om te kan byhou. Professor Anita Padmanabhanunni sê ‘n kultuur van bravade kan die rede wees waarom noordwerkers huiwerig is om hulp te soek:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….