Nuus 13:00
BULLETIN 14 Maart 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Trevor Manuel loof Mosiuoa Lekota as ‘n groothartige en visionêre leier
# Cosatu steun die Nasionale Unie van Mynwerkers se massa-optrede teen Eskom se ontbondeling
# En die aanvalle op VSA-vriendelike Golflande duur voort
# Die voormalige minister van Finansies, Trevor Manuel, het wyle Mosiuoa Lekota geprys as ‘n groothartige wie se uitwerking oor politieke organisasies gestrek het. Manuel het die voormalige Vrystaatse premier se toewyding aan die bou van die United Democratic Front, sy vreeslose uitreik na gemeenskappe en sy verbintenis tot nie-rassigheid beklemtoon. Hy het Lekota beskryf as ‘n visionêr en ‘n leier wat moed, vasberadenheid en menslikheid saamgevoeg het en ‘n blywende nalatenskap in die stryd teen apartheid gelaat het:
# Suid-Afrika se minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, en haar Eswatini ampsgenoot, Prins Lonkhokhela Dlamini, het ‘n hersiene verdrag oor die ontwikkeling en gebruik van waterbronne in die Komati-rivierkom onderteken. Majodina het gesê die verdrag, wat die eerste keer in 1992 onderteken is, is nog nooit hersien nie, aangesien buurlande waterbestuur en dambedrywighede gedeel het. Intussen het Price Dlamini gesê die opdatering versterk samewerking terwyl dit water vir landbou, mynbou en huishoudelike gebruik voorsien:
# Cosatu sê hy ondersteun ten volle sy sustersvakbond, die Nasionale Unie van Mynwerkers, in sy teenkanting teen die ontbondeling van Eskom. NUM beplan landwye optogte wat vandag in die Vrystaat en KwaZulu-Natal begin om te betoog teen die herstrukturering van die kragvoorsiener en beplande afleggings in die ferrochroom-bedryf. Zanele Sabela van Cosatu sê die vakbonde glo die stap sal die deur na privatisering oopmaak en werksgeleenthede bedreig terwyl elektrisiteitskoste sal verhoog:
# Die DA het die Stad Johannesburg se aansuiweringsbegroting verwerp en sê dit plaas politieke ooreenkomste bo inwoners se behoeftes. Die DA se koukusleier, Belinda Kayser-Echeozonjoku, sê die party en die Vryheidsfront Plus het teen die begroting gestem, terwyl ActionSA en die EFF buite stemming gebly het. Sy sê die voorstel hou die risiko in om die stad se finansiële krisis te vererger en fondse van noodsaaklike infrastruktuur en dienslewering af te lei:
# Iran se staatsmedia het vroeg vanoggend berig oor hernude aanvalle op Amerikaanse basisse in Koeweit en Katar, terwyl onderskeppings elders in die streek steeds plaasvind. Owerhede in Dubai sê wrakstukke van ‘n suksesvolle onderskepping het ‘n gebou in die middestad getref. Iran se Tasnim-nuusagentskap het vroeër oor ontploffings by Amerikaanse basisse in Koeweit berig, terwyl verskeie ontploffings ook by die Al-Udeid-lugmagbasis in Katar aangemeld is. Die ministerie van Verdediging in Saoedi-Arabië het oor ‘n vlaag van gepoogde lugaanvalle sedert middernag berig, met sirenes in Bahrein wat inwoners na skuilings laat vlug het.
# En ten slotte: ‘n Derde gebedsbyeenkoms vind vanaand by die Greyville-renbaan vir die geskorste polisieminister Senzo Mchunu plaas, voor sy terugkeer na die Madlanga-kommissie. Die diens volg op vorige gebede in Mpumalanga en by sy huis in Empangeni, KwaZulu-Natal. Die woordvoerder Sithembiso Mshengu sê onafhanklike geloofsgroepe het die geleentheid gereël. Mchunu staan tereg op bewerings van die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde, beweerde betrokkenheid by politieke inmenging, korrupsie en bande met misdaadsindikate.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….