Nuus 18:00
BULLETIN 9 Maart 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Bandile Masuku vra vir omvattende hervormings van SAPD te midde van Madlanga-kommissie
# Staatsdiensvakbond ondersteun plan vir 20-duisend internskapaanstellings om arbeidsinspekteurskorps te versterk
# Die DA waarsku oor onsekerheid oor Gautrein-konsessie
# Die voorsitter van die Gemeenskapsveiligheidskomitee in Gauteng, Bandile Masuku, sê die Madlanga-kommissie kan help om omvattende hervormings binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens te bevorder. In ‘n onderhoud met Newzroom Afrika sê Masuku klein hervormings was nie effektief nie en ‘n volledige hersiening van polisiëringstelsels mag nodig wees. Hy beklemtoon die behoefte om gemeenskapspolisiëring te versterk en inligting-insameling te verbeter om misdaad regoor die land te bestry:
# Die Staatsdiensvakbond verwelkom die minister van Indiensneming en Arbeid se plan om 20-duisend internskapinspekteurs vir 24-maande in diens te neem. Claude Naicker van die vereniging sê die stap sal die nakoming van arbeidswetgewing versterk, veiligheid in regeringsgeboue verbeter en geleenthede vir jong gegradueerdes skep. Naicker het die Departement versoek om behoorlike opleiding en gereedskap te verskaf, meriete-gebaseerde werwing te verseker, georganiseerde arbeid te betrek en te oorweeg om suksesvolle internskapinspekteurs permanent na die program aan te stel.
# Die DA waarsku oor onsekerheid aangesien die Bombela-konsessiemaatskappy op 27 Maart 2026 eindig. Die DA-woordvoerder vir Paaie en Logistiek, Evert Du Plessis, beklemtoon die Gautrein is noodsaaklik is vir pendelaars en die ekonomie, maar die Gautengse provinsiale regering het nog nie die volgende privaat vennoot bekend gemaak nie. Hy doen ‘n beroep op ‘n deursigtige, goed voorbereide konsessieproses om ‘n ononderbroke diens te handhaaf:
# Die parlement van Libanon het sy eie mandaat met twee jaar verleng en verkiesings wat in Mei vanjaar sou plaasvind, uitgestel. Die kantoor van die parlementêre speaker, Nabih Berri, het vandag gesê 76 wetgewers van die liggaam van 128 setels het ten gunste van die verlenging gestem. Die stemming volg ‘n week na Libanon in die streeksoorlog ingesleep is deur die militante groep Hezbollah se lansering van vuurpyle en hommeltuie op Israel, wat met swaar bombardement regoor die land gereageer het. Libanon het laas in 2022 parlementêre verkiesings gehou.
# Sokker: Iran se afrigter, Graham Arnold, wil hê hul Wêreldbeker-kwalifiseerder in Mexiko later hierdie maand moet uitgestel word weens reisontwrigtings wat deur die konflik in die Midde-Ooste veroorsaak word. Sy span speel die 31ste teen Bolivia of Suriname in Monterrey. Arnold is bekommerd dat plaaslike spelers nie betyds sal kan reis nie. Hy sê om slegs oorsese spelers te gebruik, sal sy span verswak en hul kanse belemmer om die eerste keer sedert 1986 te kwalifiseer. Hy beskryf die wedstyd as hul belangrikste in 40 jaar.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-63-sent teen die dollar, 19-rand-23-sent teen die euro en 22-rand-22-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 69-duisend-217-dollar. Die prys van goud is vyf-duisend-74-dollar-68-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 99-dollar-81-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….