Nuus 18:00
BULLETIN 6 Maart 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa stel nuwe direkteur van Openbare Vervolging in Mpumalanga aan
# RCL Foods roep droë troeteldierkos terug na besmette produkte in die mark bespeur is
# En, SAPD stel gespesialiseerde eenhede in Gauteng bekend om georganiseerde misdaad die hoof te bied
# President Cyril Ramaphosa het Sonja Josiah Ntuli as die nuwe direkteur van Openbare Vervolging in Mpumalanga aangestel. Hy het meer as drie jaar in die amp waargeneem nadat Nkebe Kanyane bedank het. Ntuli het 29 jaar ondervinding as advokaat en aanklaer en 21 jaar diens in verskeie posisies in die Nasionale Vervolgingsgesag. Ramaphosa sê hy wens Ntuli alles van die beste toe vir sy rol om die oppergesag van die wet toe te pas en persone en instellings wat die wet oortree, te straf.
# RCL Foods het ‘n landwye terugroeping van sekere droë troeteldierkosprodukte aangekondig. Dit sluit in Bobtail, Bonzo, Catmor, Canine Cuisine, Feline Cuisine, Optimizor en Ultra Pet. Dit volg na gesteelde besendings wat voorheen vir Salmonella-besmetting veroordeel is, is in die mark opgespoor is. Die betrokke produkte in oostelike-Gauteng wat vir vernietiging bedoel was, is in beide informele en formele markte verkoop. RCL werk saam met kleinhandelaars, reguleerders en owerhede om alle betrokke items te verwyder en doen ‘n beroep op troeteldiereienaars om veeartse te raadpleeg as troeteldiere lyk of hulle siek word.
# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het twee gespesialiseerde eenhede in Gauteng gestig om die stryd teen georganiseerde misdaad te versterk. Een eenheid sal politieke moorde en aanvalle op regeringsamptenare ondersoek terwyl die tweede sal fokus op ontvoering, afpersing en misdade wat op infrastruktuurprojekte gemik is. Die woordvoerder van die ministerie van Polisie, Kamogelo Mogotsi, sê die eenhede vorm deel van ‘n breër strategie om toenemende komplekse misdaadnetwerke teen te werk:
# Israel het vandag Beiroet met bomme bestook en ‘n ongekende ontruiming van al die suidelike voorstede van die Libanese hoofstad gelas. Dit is ‘n groot uitbreiding van die oorlog teen Iran wat ‘n week gelede saam met die Verenigde State begin is. Die Israelse weermag sê hy 26 vlae aanvalle oornag teen Hezbollah-bevelsentrums en wapenberging in Libanon uitgevoer. Israel het ook ‘n nuwe vlaag van aanvalle op Iran van stapel gestuur en sê 50 van sy oorlogsvliegtuie het ‘n Bunker in Teheran is getref wat steeds deur Iran se leierskap gebruik word.
# Rugby: Die voormalige afrigter van die Springbokke en Italië, Nick Mallett, glo Italië se skakelpaar kan die verskil wees tussen wen en verloor in môre se Sesnasies-wedstryd teen Engeland in Rome. Die Garbisi-broers, Alessandro en Paolo, beïndruk vanjaar. Mallett sê Italië se pak was nog altyd goed, maar hulle het baie onervare skakelpare gehad nadat die losskakel Diego Dominguez en die skrumskakel Alessandro Troncon meer as 20 jaar gelede uitgetree het. Hy dink die Garbisi-broers kan dalk help om Engeland die heel eerste keer te klop.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-75-sent teen die dollar, 19-rand-36-sent teen die euro en 22-rand-35-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-768-dollar. Die prys van goud is vyf-duisend-96-dollar-91-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 87-dollar-75-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….