Nuus 17:00
BULLETIN 5 Maart 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# BOSA vra vir ‘n dringende parlementêre debat oor die toenemende spanning in die Midde-Ooste
# Paul O’Sullivan vra om verskoning vir sy verklarings wat as dreigemente beskou is
# En krieket: Aiden Markram sê die Proteas gaan nie tob oor die teleurstelling in Kolkata nie
# Build One South Africa vra ‘n dringende parlementêre debat oor die toenemende krisis in die Midde-Ooste ná die onlangse Amerikaanse en Israelse aanvalle op Iran. Die party sê die Parlement moet dringend regeringsplanne nagaan om Suid-Afrikaners wat daar gestrand is te help, namate spanning styg en vlugte opgeskort bly. Die leier van BOSA, Mmusi Maimane, waarsku die konflik kan wêreldwye energiemarkte ontwrig en olie- en gaspryse verhoog, wat druk op vervoer, kragopwekking en lewenskoste sal plaas.
# Die forensiese ondersoeker Paul O’Sullivan het om verskoning gevra oor sy verklarings wat as dreigemente beskou is, en het verduidelik dit was om te wys hy sal nie geïntimideer word deur doodsdreigemente en vyandige optrede nie. O’Sullivan het gesê hy moes vuur met vuur beveg om homself en sy gesin te beskerm, en moes hulle oorsee stuur. Hy is jammer oor hoe dit geklink het, maar sê hy moes vals arrestasies, teistering en pogings om sy werk te ondermyn teenstaan:
# COSATU vra dat alternatiewe produkte vir sanitêre gebruik oorweeg word. Dit volg na ‘n studie deur die Universiteit van die Vrystaat wat hormoonontwrigtende chemikalieë in 100-persent van getoetste sanitêre doekies en minidoekies gevind het. Die Nasionale Verbruikerskommissie het sedertdien ‘n ondersoek na nege groot handelsmerke begin. Die woordvoerder, Zanele Sabela doen ‘n beroep op strenger regulasies, gehalteversekering en aandag aan menstruasie-armoede:
# ‘n Amerikaanse federale regter het die weg gebaan vir duisende ondernemings om terugbetalings te eis vir tariewe wat die Hoërhof verlede maand tersyde gestel het. Die Amerikaanse Internasionale Handelshof het Doeane en Grensbeskerming beveel om terugbetalings uit te reik vir heffings wat president Donald Trump verlede jaar kragtens die Internasionale Wet op Noodekonomiese Magte ingestel het. Dit het ongeveer 2,14-duisend-miljard-ingevorder. Die heffings het ‘n reeks handelsonderhandelinge met lande afgeskop wat druk uitoefen vir laer tariewe in ruil vir beloftes van belegging en ander veranderinge.
# Krieket: Suid-Afrika se kaptein, Aiden Markram, sê hulle gaan nie tob oor gister se teleurstellende nederlaag teen Nieu-Seeland in die T20-Wêreldbeker-halfeindstryd nie. Die onoorwonne Proteas het gelyk soos ‘n skadu van hul gewone self toe hulle met nege paaltjies verloor het. Markram sê hulle sal besin, maar hy is steeds trots op sy spelers wat dwarsdeur die toernooi puik gevaar het en beskryf die wedstryd in Kolkata as net ‘n ongelukkige aand. Hulle volgende afspraak is ‘n reeks van vyf T20s in Nieu-Seeland vanaf volgende Sondag.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-55-sent teen die dollar, 19-rand-23-sent teen die euro en 22-rand-10-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 72-duisend-534-dollar. Die prys van goud is vyf-duisend-117-dollar-77-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 82-dollar-11-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….