Nuus 13:00
BULLETIN 4 Maart 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa eer Mosiuoa Lekota se nalatenskap van veerkragtigheid
# Die Pentagon onthul die name van die eerste Amerikaanse ongevalle in Irak
# En krieket: Santner is vol vertroue oor die Swartpette se kanse in die T20-Wêreldbeker-halfeindstryd teen die Proteas
# President Cyril Ramaphosa beskryf die ontslape stigter van COPE, Mosiuoa Lekota, as ‘n ware patriot. Die 77-jarige het vanoggend in die hospitaal gesterf. Lekota is op Robbeneiland aangehou en was later die Vrystaatse premier en die minister van Verdediging. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, sê Lekota se lewenslange toewyding aan veerkragtigheid, moed en standvastige geloof in geregtigheid vorm ‘n blywende deel van Suid-Afrika se bevrydings-geskiedenis:
# Die DA gaan sy eie kandidaat voorstel vir voorsitter van die nuutgestigte parlementêre komitee wat toesig hou oor die Presidensie. Die komitee se stigting was ‘n belangrike aanbeveling van die Zondo-kommissie oor staatskaping. Die DA-lid, George Michalakis, sê ondanks ‘n duidelike gebrek aan toesig oor die Uniegebou, was die ANC heeltemal gekant teen die komitee, maar beplan tans om sy eie kandidaat vir die voorsittersposisie voor te stel:
Nuus uit die buiteland:
# Die Pentagon het vier van die eerste Amerikaanse soldate identifiseer wat dood is in die oorlog teen Iran, en waarsku die toenemende konflik sal lei tot meer Amerikaanse sterftes. Vier lede van ‘n reserwemag in Iowa is onder ses Amerikaanse militêre sterftes tot dusver. Hulle is Sondag dood toe ‘n hommeltuig ‘n Amerikaanse militêre basis in Port Shuaiba, Koeweit, getref het. Die vier was tussen 20- en 42-jaar-oud en het in die 103de Volhoubaarheidskommando gedien, wat deel is van die mag se wêreldwye logistieke en voorsieningsoperasie.
# Krieket: Nieu-Seeland se kaptein, Mitchell Santner, het volle vertroue in sy span se vermoë om Suid-Afrika vandag in Kolkata te klop in die halfeindstryd van die T20-Wêreldbekertoernooi. Die Swartpette het in 2021 die eindstryd gehaal, maar teen Australië vasgeval, en in 2024 nie verder as die groepfase gevorder nie, waar die Proteas as naaswenners geëindig het. Santner sê hulle sal druk op Suid-Afrika toepas wanneer dit die meeste saak maak:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-40-sent teen die dollar, 19-rand-5-sent teen die euro en 21-rand-92-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 71-duisend-346-dollar. Die prys van goud is vyf-duisend-169-dollar-54-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 82-dollar-24-sent per vat.
# En ten slotte: ‘n Nuwe tegnologie-onderneming, Internet of Things Integration, het ‘n virtuele heining bekendgestel om boere te help met die bestuur van bek-en-klouseer. Dit volg te midde van die siekte se toenemende verspreiding en die voortgesette nasionale inentingsveldtog. Uitvoerende hoof Norman Parkin sê die stelsel gebruik GPS-geaktiveerde oorplakkers en sonkrag-aangedrewe poorte om dierebeweging te monitor en vinnige kwarantyn moontlik te maak. Hy sê die oplossing sal sorg vir onmiddellike opsporing, geteikende isolering van besmette diere en verminderde arbeidskoste. Parkin sê ‘n temperatuur-moniteringsfunksie word binne ses maande verwag.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….