Nuus 15:00
BULLETIN 2 Maart 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Verskeie Amerikaanse militêre vliegtuie stort neer in Koeweit
# ‘n Parlementêre regskenner sê O’Sullivan het moontlik die Wet op die Parlement oortree
# En motorsport: Die Melbourne Grand Prix sal na verwagting nie deur vervoer-chaos ontwrig word nie
# Koeweit se Ministerie van Verdediging sê verskeie Amerikaanse militêre vliegtuie het vroeg vandag in die land neergestort, maar alle bemanningslede het oorleef en is in ‘n bestendige toestand in die hospitaal. Dit volg nadat konflik in die Midde-Ooste uitgebrei het. Die Iranse staatsmedia haal die Islamitiese Revolusionêre Wag aan wat sê Iranse gewapende magte het ‘n Amerikaanse vliegtuig getref wat in Koeweit neergestort het. Beeldmateriaal toon ‘n militêre vliegtuig wat in die Al Jahra-gebied uit die lug tuimel, sowel as ‘n valskermspringer.
Die Zambiese regering het intussen ‘n reis- en veiligheids-aanbeveling uitgereik aan burgers in die Golfstreek of diegene wat daarheen reis, insluitend na Bahrein, Katar en die Verenigde Arabiese Emirate, te midde van toenemende spanning ná die Amerikaanse en Israelse aanvalle op Iran. Die Ministerie van Buitelandse Sake vra Zambiërs om waaksaam te bly, indien moontlik binnenshuis te bly, militêre gebiede te vermy en nie-noodsaaklike reise uit te stel. Burgers word ook aangemoedig om nabygeleë diplomatieke sendings te kontak en geldige reisdokumente te verseker terwyl die owerhede die verwikkelings noukeurig dophou.
Terug in Suid-Afrika:
# Die Parlement se Grondwetlike Regsdienstekantoor sê die forensiese ondersoeker Paul O’Sullivan het moontlik statutêre oortredings begaan toe hy te midde van ondervraging uit die Parlement gestap het. Die Parlement se regskenner, Telana Halley-Starkey, sê sy vroeë vertrek het moontlik die komitee se werk belemmer. Sy sê hoewel O’Sullivan nie formeel gedagvaar is om te verskyn nie, kan die komitee sy grondwetlike dagvaardingsmagte gebruik indien hy nie Donderdag terugkeer nie:
# Die polisie op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kemptonpark, Gauteng, het ‘n 64-jarige man in hegtenis geneem in verband met 42 gewapende rooftogte op die R24 naby die Barbara-afrit. Woordvoerder Athlenda Mathe sê hy is aangekeer nadat hy na bewering voorgegee het dat hy ‘n polisiebeampte is en drie senior amptenare van ‘n ander Afrikaland beroof het. Sy sê hy sal môre in die plaaslike Landdroshof verskyn:
# Motorsport: Die organiseerders van die seisoen se eerste Formule Een-Grand Prix verwag geen ontwrigting van die komende naweek se wedren in Melbourne, Australië nie, ondanks die vervoerchaos wat deur die Midde-Oosterse konflik veroorsaak is. Duisende vlugte is gekanselleer sedert Israel en Amerika Iran Saterdag aangeval het. Australië se F1-hoof, Travis Auld, sê baie renjaers, ingenieurs, spanhoofde en ander spanlede se reisplanne is ontwrig, maar hulle kon vlugte herskommel en hy glo almal sal betyds opdaag.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-8-sent teen die dollar, 18-rand-86-sent teen die euro en 21-rand-56-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-en-85-dollar. Die prys van goud is vyf-duisend-390-dollar-57-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 77-dollar-88-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….