Nuus 13:00
BULLETIN 1 Maart 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Lughawensmaatskappy Suid-Afrika bevestig die sluiting van die Golf-lugruim ontwrig Suid-Afrikaanse vlugte
# Die UDM wil sy steun in Oos-Kaap herbou
# En krieket, die stryd om die 2026 T20 Wêreldbeker-trofee is nou in die pylvak
# Die Lughawensmaatskappy Suid-Afrika het passasiers wat met Emirates en Qatar Airways reis, versoek om hul vlugskedules na te gaan, na die sluiting van die Golf-lugruim. Die sluiting kom te midde van toenemende spanning in die Midde-Ooste nadat die VSA en Israel aanvalle op Iran uitgevoer het, en Iran se daaropvolgende vergeldingsaanvalle wat buurstate ook raak. ACSA-woordvoerder Ofentse Dijoe sê streekslugruimbeperkings ontwrig roetes wat Suid-Afrika met Europa, Asië en Noord-Amerika verbind, aangesien Dubai en Doha as belangrike aansluitingspunte dien. Hy het reisigers wat geraak word, versoek om lugdienste of ambassades te kontak vir die jongste inligting.
# Die Britse eerste minister Keir Starmer vra dringende afskaling in die konflik tussen die VSA, Israel en Iran, en ‘n terugkeer na diplomasie. Starmer sê die Verenigde Koninkryk het geen rol in onlangse aanvalle gespeel nie, maar veroordeel Iran se regime. Hy dring daarop aan dat Iran nooit kernwapens mag ontwikkel nie. Britse magte bly betrokke by verdedigingsoperasies in die Midde-Ooste, met verhoogde veiligheid vir personeel. Hy het beklemtoon diplomasie is die enigste pad na blywende vrede en streeksbestendigheid:
# Sakeman Calvin Mathibeli het ‘n aansoek om verlof tot appèl ingedien teen ‘n uitspraak deur die Hooggeregshof in Durban, KwaZulu-Natal, waarvolgens hy lasterlike opmerkings teen die KZN-polisiekommissaris, Nhlanhla Mkwanazi, moet terugtrek en daarvoor om verskoning moet vra. Mathibeli beskuldig Mkwanazi van korrupsie, magsmisbruik, openbare intimidasie, die ontvangs van beskermingsfooie deur taxi-eienaars en onwettige gedrag. Die hof het Mathibeli gelas om mediaplatforms waar die bewerings uitgesaai is, te nader en die bewering binne 60 dae terug te trek. Die appèlaansoek betwis die hofbeslissing.
# Die UDM sê hy is vol vertroue dat die party steun in die Oos-Kaap sal herbou voor die plaaslike regeringsverkiesing later vanjaar. Leier Bantu Holomisa het in ‘n toespraak voor die party se provinsiale raad in Mthatha, planne vir hernuwing uiteengesit en die belangrikheid van koalisiebestuur beklemtoon. Hy sê die party wil minstens 50-persent van die munisipaliteite wen en sal nuwe leiers verkies tydens sy provinsiale kongres op 21 Maart:
# Die Brandweerdienste van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit het bevestig dat die bergbrand in lyn met die R62 naby Montagu suksesvol onder beheer gebring is. Woordvoerder Jo-Anne Otto sê die brand, wat deur weerlig naby Meulplaas veroorsaak is, het oor tien kilometer na die Overberg-distrik versprei. Sy het bevestig dat geen beserings aangemeld is nie, en spanne is steeds die toneel om brandpunte te monitor:
# En ten slotte krieket, die stryd om die 2026 T20 Wêreldbeker-trofee betree hierdie week sy laaste fase in Indië. Na ‘n hewige stryd in die Super 8-fase het Suid-Afrika, Engeland en Nieu-Seeland amptelik hul plekke in die halfeindronde bespreek. Die laaste oorblywende plek sal bepaal word deur vanmiddag se belangrike botsing tussen Indië en die Wes-Indiese Eilande. Intussen is vandag se wedstryd tussen die Proteas en Zimbabwe ‘n blote formaliteit, aangesien Zimbabwe reeds uitgeskakel is.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….