Nuus 08:00
BULLETIN 1 Maart 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Iranse opperleier Ayatollah Khamenei is dood in ‘n aanval
# Suid-Afrikaners word aangeraai om reise na Golfstate te beperk te midde van spanning in die streek
# En rugby, die Leeus klop die Stormers, en die Bulle verpletter die Haaie in Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryde
# Iranse staatsmedia het bevestig dat die land se opperleier, Ayatollah Khamenei, in gesamentlike Amerikaanse en Israeliese lugaanvalle in Iran dood is. ‘n Aanbieder op Iranse staatsmedia het ‘n verklaring in Farsi voorgelees waarin Khamenei se dood aangekondig is. Die Amerikaanse president Donald Trump het in ‘n video op Truth Social gesê die optrede volg nadat Iran nie sy kernambisies wou laat vaar nie. Die aanvalle het gisteroggend vroeg begin terwyl miljoene mense op pad werk of skool toe was. Iran het reageer met aanvalle op verskeie Amerikaanse militêre basisse in die Midde-Ooste.
President Cyril Ramaphosa het in reaksie op die aanvalle sy diep kommer oor die toenemende spanning in die Midde-Ooste uitgespreek en waarsku dit is ‘n ernstige bedreiging vir streeks- en wêreldvrede. Hy het alle partye aangespoor om maksimum selfbeheersing uit te oefen en ingevolge internasionale reg en die VN-Handves op te tree. Ramaphosa se woordvoerder Vincent Magwenya het beklemtoon blywende vrede kan net deur dialoog en onderhandeling bereik word:
Intussen het die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking Suid-Afrikaners versoek om nie-noodsaaklike reise na Koeweit, die Verenigde Arabiese Emirate, Katar en Bahrein te beperk. Lugruimsluitings het vlugte na en van die Midde-Ooste ontwrig met veiligheid wat geraak word. Reisigers word aangeraai om waaksaam te bly, reisdokumente gereed te hê en amptelike opdaterings te monitor.
# Die Parlement se ad hoc-komitee sal binnekort aan die privaat ondersoeker Paul O’Sullivan skryf en hom versoek om terug te keer en sy getuienis te voltooi. Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, sê sy wag op ‘n verslag oor die omstandighede toe hy uitgestap het. O’Sullivan het die verrigtinge vroeg verlaat en gesê dit is dringend want hy moes ‘n vlug haal. Die voorsitter van die komitee, Soviet Lekganyane, sê alle redelike stappe, insluitend formele betrokkenheid, sal geneem word voordat ‘n dagvaarding oorweeg word. Verdere gesprekke word môre verwag:
En ten slotte sportnuus:
# Rugby: Die Stormers is gister in die 12de ronde van die Verenigde Rugbykampioenskap deur ‘n veel beter Leeus-span uitoorlê vir ‘n tuisveld-oorwinning van 24-10 op Ellispark. Dit is die Stormers se derde agtereenvolgende nederlaag, en hulle het nou van derde na vierde op die punteleer geskuif. Danksy die oorwinning kon die Leeus weereens die Suid-Afrikaanse Skild te verower. En op Loftus Versfeld het die Bulle die Sharks oorrompel met ‘n bonuspunt-oorwinning van 41-12, wat die span nou na die top agt laat skuif.
# Sokker: Kaizer Chiefs se mede-afrigter Cedric Kaze het erken dat sy span nie naastenby goed genoeg was teen aartsvyande Orlando Pirates nie. Chiefs het ‘n 3-0 nederlaag in die Soweto Derby gelei. Pirates het vroeg voorgeloop na ‘n doel deur Tshepang Moremi en die eerste helfte met 2-0 oorheers. Chiefs het na rustyd gesukkel en ‘n derde doel afgestaan. Amakhosi is na die nederlaag nou elf punte agter die ligavoorlopers Pirates. Kaze het sy spelers aangespoor om te hergroepeer en op voorbereiding vir die titelwedloop te fokus, met nog 13 wedstryde oor.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….