Nuus 15:00
BULLETIN 27 Februarie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ontwrigting van Tafelberg se sweefspoor laat 200 toeriste oornag gestrand
# Zelensky is gereed vir vrede-samesprekings met Putin
# En sokker: Ellis is vol vertroue Banyana sal Zimbabwe klop en die COSAFA-vrouekampioenskap se halfeindronde haal
# Bedrywighede by die Tafelbergse sweefspoor in Kaapstad is hervat nadat ‘n probleem met ‘n kabelkar byna 200 besoekers oornag gestrand gelaat het in koue en winderige toestande. Tegnici het deurnag gewerk om die fout reg te stel en personeel het komberse en warm drankies voorsien om besoekers gemaklik te hou. Teen vanoggend was die stelsel weer in werking en alle passasiers is veilig en sonder beserings afgebring.
# Die DA sê die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, kan voortgaan om mislukkings te vergewe of dienslewering voorop te stel. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het in sy begrotingsrede ’n streng waarskuwing aan munisipaliteite gerig om hul sake in orde te kry of gevaar te loop dat begrotings besnoei word. DA-woordvoerder Stephen Moore sê Majodina het in die mediumtermyn 45,1-miljard-rand se infrastruktuur-toelaag vir munisipaliteite ontvang:
# Die Vryheidsfront Plus in Gauteng sê navorsing toon besparings van tot drie-miljard-rand kan in die 2026/27-begroting aangewend word, en kan die vorige hoër subsidie vir kwintiel 5-skole ten volle of wesenlik herstel. Die navorsing is in samewerking met ‘n senior ekonoom gedoen. Anton Alberts van die VF Plus sê die navorsing toon indien subsidies vir kwintiel 5-skole verminder word, sal dit ernstige nadelige gevolge inhou:
Nuus uit die buiteland:
# Die Oekraïense president, Volodimir Zelensky, het Amerika aangespoor om sanksies teen die gesinne van Russiese leiers te verskerp. Hy het Washington tydens ‘n onderhoud met SkyNews ook aangespoor om Oekraïne van meer gevorderde wapens te voorsien, en sê slegs groter druk sal Moskou dwing om onderhandelings ernstig op te neem. Zelensky is gereed om met sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, te vergader. Hy is gevra hoe na Oekraïne daaraan is om vrede te bereik, en sê daar is ‘n gleuf tussen nou en die Amerikaanse middeltermynverkiesing in November.
# Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê alles is gereed vir vanmiddag se belangrike COSAFA-Vrouekampioenskaps-halfeindstryd teen Zimbabwe op die Peter Mokaba-stadion in Polokwane. Sy waarsku oor bykomende druk aangesien albei spanne Sondag se eindstryd teen Namibië of Zambië wil haal. Ellis beklemtoon Zimbabwe moenie onderskat word nie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-91-sent teen die dollar, 18-rand-78-sent teen die euro en 21-rand-43-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-466-dollar. Die prys van goud is vyf-duisend-174-dollar-25-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 72-dollar-9-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….