Nuus 13:00
BULLETIN 24 Februarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Banke kan ‘n groepsgeding verwag oor die verkoop van teruggeneemde eiendomme
# Dis vandag vier jaar sedert Rusland se volskaalse inval van Oekraïne
# En krieket: Australië is terug vir ‘n toets op Nuweland vir die eerste keer ná die skuurpapier-debakel in 2017
# Suid-Afrika se groot banke word in die hof uitgedaag oor die manier waarop teruggeneemde huise verkoop word. Huiseienaars voer aan wanneer hulle agterstallig raak met verbandbetalings, banke dikwels eiendomme verkoop teen pryse naby die uitstaande verbandbedrag, eerder as hul werklike markwaarde. Die saak, wat in Februarie 2020 begin het, word in die Hooggeregshof in Johannesburg aangehoor. Die hof hoor tans betoë aan om te besluit of die saak aan die wetlike vereistes vir groepsgeding-sertifisering voldoen.
# Forum for South Africa eis die ontbinding van korrupte eenhede in die Departement van Binnelandse Sake wat basies gebrekkig is. Dit volg nadat die Spesiale Ondersoekeenheid die departement ondersoek en aan die lig gebring het Suid-Afrika se immigrasiestelsel is in ‘n markplek omskep waar permitte en visums vir kontant verhandel word. Die forum se leier, Tebogo Mshilompane, sê daar is ernstige onreëlmatighede in die visum-, asielsoeker- en permanente verblyfprosesse:
# Die Vereniging van Staatsamptenare vra president Cyril Ramaphosa en die Nasionale Tesourie om dringend aandag te skenk aan die beloofde bykomende hulpbronne aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. Die vakbond sê die Weermag ondervind stygende bedryfs-uitgawes, ‘n veranderende veiligheidsomgewing en hulpbron-beperkings. Claude Naicker van die vakbond sê hulle wys al jare op die gevolge wat besnoeiings aan die begroting kan hê op militêre personeel, infrastruktuur, toerusting en bedryfs-gereedheid:
Nuus uit die buiteland:
# Dit is vandag vier jaar sedert Rusland in 2022 ‘n volskaalse inval in Oekraïne geloods het, die grootste Europese inval sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog. Die afgelope vier jaar is gekenmerk deur ‘n mislukte teen-aanslag en ‘n kortstondige inval in die Russiese streek Kursk wat duisende lewens geëis het. Moskou het ongeveer tien-persent van Kiëf se grondgebied verower. Daar word geraam dat daar meer as 56-duisend burgerlike ongevalle was sedert die oorlog begin het. President Volodimir Zelensky sê Oekraïne sal alles doen om vrede te bewerkstellig.
# Krieket: Australië gaan die eerste keer weer ‘n toets op Nuweland in Kaapstad speel sedert die berugte skuurpapier-voorval in 2017. Die destydse kaptein, Steve Smith, onderkaptein David Warner en die bouler Cameron Bancroft is gestraf nadat televisiekameras opgetel het dat Bancroft skuurpapier gebruik om die bal growwer te maak tydens die derde toets teen Suid-Afrika. Die Proteas het die wedstryd met 322 lopies gewen en die reeks 3 -1 beklink. Oktober se eerste twee toetse word in Durban en Gqeberha beslis en die laaste een op Nuweland.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-98-sent teen die dollar, 18-rand-84-sent teen die euro en 21-rand-57-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-103-dollar. Die prys van goud is vyf-duisend-170-dollar-46-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie-71-dollar-15-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….