Nuus 16:00
BULLETIN 23 Februarie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Spesiale Ondersoekeenheid wys Bushiri se uitbuiting van Binnelandse Sake uit
# Die DA beplan om die Wysigingswetsontwerp op Vuurwapenbeheer in die kabinet te beveg
# En fietsry: Die Wes-Kaap gee leerders 500 gratis inskrywings vir die Kaapstadse Fietstoer
# Die Spesiale Ondersoekeenheid het die selfverklaarde Malawiese profeet, Shephard Bushiri, uitgewys vir bedrieglike dokumente van Binnelandse Sake. Suid-Afrika vra Bushiri en sy vrou, Mary, moet gedeporteer word nadat hulle in 2020 na hul vaderland gevlug het terwyl hulle aangekla is van verkragting, bedrog en geldwassery. Waarnemende hoof Leonard Lekgetho sê Bushiri het sy kerknetwerk uitgebuit om voltydse verblyf te verseker, en 19-miljoen-rand se kontantskenkings is na persoonlike rekenings herlei:
# Die DA gaan die Wysigingswetsontwerp op Vuurwapenbeheer in die kabinet en in die Parlement beveg, en regstappe oorweeg om verantwoordelike, gelisensieerde vuurwapeneienaars se grondwetlike regte te beskerm. Die DA-lid Ian Cameron sê indien die wetsontwerp in sy huidige vorm ingestel word, neem dit vuurwapens uit die hande van wettige eienaars terwyl misdadigers onaangeraak sal bly. Hy voeg by hierdie standpunt is geskoei op die werklikheid volgens die jongste misdaadstatistieke:
# Die Universiteit Stellenbosch het meer as agtduisend finansiële hindernisse vir akademies verdienstelike studente in hierdie akademiese jaar opgehef en verdere befondsingsgeleenthede heropen om te verseker dat studente vir hul volgende jaar kan registreer. Woordvoerder Martin Viljoen sê die instelling het ook buigsame ondersteuningsmaatreëls ingestel vir studente met uitstaande rekeninge. Hy sê die instelling het tot dusver meer as 34-duisend studente geregistreer en die meeste beperkings vir die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente opgehef, met beoordelings wat per geval sal plaasvind.
# Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging stel nuwe norme en standaarde op om dobbeladvertensies te beperk, wat na verwagting teen Julie gereed sal wees. Direkteur-generaal Simphiwe Hamilton sê die stap volg op groeiende kommer oor die maatskaplike uitwerking van aanlyn dobbel. Die politieke party Rise Mzansi vra aanhoudend strenger beperkings en hoër belasting. Die regering teiken ook onwettige buitelandse operateurs, terwyl voorgestelde wysigings ten doel het om toesig te versterk en die beskerming van spelers te verbeter.
# Fietsry: Die Wes-Kaapse LUR vir Kultuursake en Sport, Ricardo Mackenzie, het ‘n opwindende geleentheid aangekondig vir leerders in die provinsie om gratis aan die Kaapstadse Fietstoer deel te neem. Hy sê die departement en die Kaapstadse Fietstoer-trust gaan 500 gratis inskrywings vir leerders beskikbaar stel. Mackenzie sê die wedren oor 42-kilometer is ‘n korter, toeganklike en gewilde alternatief vir die hoofwedren oor 109-kilometer wat op 8 Maart plaasvind:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-3-sent teen die dollar, 18-rand-88-sent teen die euro en 21-rand-60-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-136-dollar. Die prys van goud is vyf-duisend-145-dollar-95-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie-71-dollar-47-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….