Nuus 12:00
BULLETIN 23 Februarie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die banksektor dui op ‘n sterker vooruitsig vir Suid-Afrika voor die komende begroting
# Hongarye gaan die Europese Unie se jongste ronde sanksies teen Rusland verhoed
# En Olimpiese Spele: Noorweë spog met die meeste medaljes op die Winterspele
# Bank of America en Standard Chartered dui ‘n sterker vooruitsig vir Suid-Afrika aan as gevolg van tekens rondom die komende begroting, wat beleggersvertroue in openbare finansies verhoog. Standard Chartered se hoofekonoom vir Afrika en die Midde-Ooste, Razia Khan, sê ‘n opname van Bloomberg dui daarop verwagtinge van verbeterde fiskale konsolidasie, kleiner tekorte en minder lenings het sentiment verhoog. Finansiële markte het reageer met ‘n hoër vraag na Suid-Afrikaanse staatseffekte, wat hoop meebring vir ‘n positiewe vooruitsig vanaf die graderingsagentskappe Fitch en Moody’s.
# Die Vryheidsfront Plus het president Cyril Ramaphosa gelukgewens met Wandile Sihlobo se aanstelling as nuwe landbougesant. Woordvoerder Wynand Boshoff sê hy is bekend in landboukringe en vir sy betrokkenheid by Agbiz en die Universiteit Stellenbosch. Boshoff voeg by die aanstelling wek egter kommer aangesien dit onduidelik is hoe Sihlobo se rol verskil van dié van die minister van Landbou, John Steenhuisen, en die minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Mzwanele Nyhontso:
# Die DA sê die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, het nou ‘n geleentheid om handelsbetrekkinge met Amerika te herbou, ‘n ooreenkoms te verseker en werksgeleenthede te beskerm. Die Amerikaanse Hooggeregshof het die wêreldwye ingrypende tariewe tersyde gestel wat president Donald Trump ingestel het ingevolge ‘n wet wat bedoel is vir nasionale noodgevalle. DA-woordvoerder Toby Chance sê dis ‘n welkome verligting vir Suid-Afrikaanse uitvoerders:
# Hongarye gaan die Europese Unie se 20ste ronde sanksies teen Rusland verhoed wat vir vandag beplan word en energie, finansiële dienste en handel dek. Die minister van Buitelandse Sake, Peter Szijjarto, sê Hongarye sal nie toelaat dat voortgegaan word met gunstige besluite vir Oekraïne voor hy die olie-oordrag na Hongarye en Slowakye via die Druzhba-pyplyn hervat nie. Die EU se hoof van Buitelandse Beleid, Kaja Kallas, sê sanksies is doeltreffend:
# Olimpiese Spele: Die Olimpiese Winterspele het tot ‘n einde gekom, met Noorweë met die meeste medaljes, naamlik 41 – 18 goud, 12 silwer en 11 brons. Atlete van meer as 90 lande het oor 16 dae in Italië meegeding in 116 items. Amerika was tweede met 33 medaljes – 12 goud, insluitend ‘n eerste in 46 jaar vir die mans-yshokkiespan, 12 silwer en nege brons. Die gasheerland, Italië, was derde met 30 medaljes, met Duitsland en Japan vierde en vyfde. Suid-Afrika het geen medaljes gewen nie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-97-sent teen die dollar, 18-rand-87-sent teen die euro en 21-rand-58-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-681-dollar. Die prys van goud is vyf-duisend-132-dollar-16-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie-70-dollar-51-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….