Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 25 Januarie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Green Connection sê hy is geskok oor die regering en PetroSA se aanstelling van Equator Holdings om die noodsaaklike gas-infrastruktuur te befonds en te herbou. ‘n Woordvoerder van die organisasie, Liziwe McDaid, sê Equator Holdings kwalifiseer nie vir die tender nie en het boonop ook nie die ondervinding of vaardighede om hierdie werk te doen nie. Sy sê dis ontstellend om te dink die regering en PetroSA dring daarop aan om werk ter waarde van meer as 21-miljard-rand in olie- en gas-ontginning ter see in die hande van ʼn groentjie te plaas:
Die DA sê intussen hy het ʼn aansoek aan PetroSA gerig ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting. Dit is om inligting te bekom oor die besluit oor die toekenning van die tender. Equator Holdings word beheer deur die omstrede politieke figuur, Lawrence Mulaudzi. Hy word in die Mpati-kommissie se verslag betrek by korrupsie en wanbestuur by die Openbare Beleggingskorporasie. Kevin Mileham van die DA sê Equator Holdings het nie aan tendervereistes voldoen nie:
# En ten slotte: Wetenskaplikes in Duitsland glo ‘n deurbraak met vrugbaarheidsnavorsing sal die kritiek bedreigde noordelike witrenoster red, waarvan slegs twee koeie op die planeet oor is. Kenners het die heel eerste in vitro-bevrugtingswangerskap behaal nadat ‘n laboratorium-geskepte embrio van ‘n suidelike witrenoster na ‘n surrogaatma oorgeplaas is. Daar word nou gehoop die prosedure kan herhaal word met die noordelike witrenoster, wat ‘n nouverwante subspesie is. BBC News berig die noordelike witrenoster is eens regoor sentraal-Afrika aangetref, maar is uitgewis weens die vraag na renosterhoring.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….