Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 25 Januarie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Departement van Verdediging voltooi sy ondersoek na die noodlottige brand by die Noord-Kaapse Weermag-opleidingsbasis
# AfriForum is bekommerd oor die trae reaksie met die Vaalrivier se waterslaaikrisis
# En, krieket: ‘n Uitgedunde Proteas-toetsspan is gereed om Nieu-Seeland te pak
# ‘n Ondersoek na die dood van ses soldate in ‘n brand op die Lohatlha-gevegsopleidings-basis in die Noord-Kaap is afgehandel. Die brand in Oktober het groot skade aan die opleidingsgerief tot gevolg gehad. Die verslag is aan die Departement van Verdediging se regspan gestuur vir verdere ondersoek. Na ‘n regshersiening sal die verslag aan die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, Rudzani Maphwanya, en dan aan die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Thandi Modise, voorgelê word vir verdere optrede.
# AfriForum vra dat daar onmiddellik en doeltreffend stappe gedoen word om die plaag waterslaai in die Vaalrivierstelsel uit te roei. Dit moet ‘n gesamentlike poging tussen die regering, omgewingsorganisasies en plaaslike gemeenskappe wees. ‘n Woordvoerder van AfriForum, Lambert de Klerk, sê hulle vra inligting oor die maatreëls wat die Departemente van Water en Sanitasie, en van Bosbou, Visserye en die Omgewing, gaan instel om nie net die kwessie op te los nie, maar om die gesondheid van die Vaalrivierstelsel in die lang termyn te verseker:
# Meer as 70 mense het in die suidweste van Mali gesterf toe ‘n ambags-goudmyn ingestort het. Die regering het sy medelye met die bedroefde families betuig. Hy het ook ‘n beroep gedoen op gemeenskappe wat naby myngebiede woon en goudmynwerkers om veiligheidsvereistes te respekteer en slegs binne die omtrek te werk wat aan goudverwydering toegeken is. Goudmynpersele in Mali is gereeld die toneel van dodelike grondverskuiwings, en owerhede sukkel om ambagsmatige mynbou van die metaal te beheer.
# Die Inligtings- en Kommunikasietegnologie-integrasie-raamwerk-konferensie het aan die lig gebring Suid-Afrikaanse skole bly agterweë met IKT-integrasie ondanks aansienlike beleggings. Die drie-daagse konferensie in Boksburg, Ekurhuleni, het ondersoek hoe IKT onderrig en leerwerk verbeter. Die World Conference on Qualitative Research het bevind hoewel die meeste Afrika-skole IKT gebruik, gebruik slegs 60-persent dit as ‘n hoof leerplanmetode. Die konferensie het verhoogde begrotings en opleiding aanbeveel om digitale integrasie in onderwys te bevorder.
# Krieket: Die Proteas-toetsgroep is in Nieu-Seeland vir ʼn reeks van twee toetse maar die meeste van die voorste spelers is nie daar nie. Die reeks bots met die SA20, wat beteken die meeste van afrigter Shukri Conrad se eerstekeuse spelers wat by die toernooi betrokke is, kon nie saamreis nie. Gevolglik is daar net sewe spelers met toetservaring in die vyftiental, terwyl die nuweling-kaptein, Neil Brand, ook sy debuut sal maak. Die Proteas se opwarmingswedstryd begin Maandag voor die reeks op die vierde van volgende maand afskop. Die kolwer Zubayr Hamsa wil die geleentheid ten volle benut:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-90-sent teen die dollar, 20-rand-60-sent teen die euro en 24-rand-7-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 40-duisend-108-dollar-3-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-13-dollar-59-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 81-dollar-19-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….