Nuus 09:00
BULLETIN 17 Februarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank begin ‘n proses om die prima uitleenkoers te staak
# Minister Hlabisa sê die regering werk daaraan om veilige inisiasiepraktyke te versterk
# En Brittanje oorweeg ‘n verbod op sosiale media vir kinders onder 16
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank stel voor dat die prima uitleenkoers, ‘n koers waarteen banke aan verbruikers leen, geskrap word en vervang word met die Reserwebank se beleidskoers, wat algemeen die repokoers genoem word. Die prima koers is sedert 2001 op 350 basispunte vasgestel. In ‘n konsultasiedokument sê die bank dat die prima uitleenkoers losgemaak is van sy oorspronklike doel as die basiskoers vir die prysbepaling van krediet. Hy sê die voorgestelde hervorming is deel van voortdurende pogings om Suid-Afrika se rentekoersmaatstawwe te moderniseer.
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê onwettige inisiasieskole bly ‘n belangrike bydraende faktor tot die hoë aantal sterftes van ingelyfdes in die land. Byna 50 deelnemers is landwyd tydens die 2025-somer-inisiasieseisoen dood. Hlabisa sê die regering het pogings verskerp om veilige inisiasiepraktyke te bevorder en te versterk, insluitend die sluiting van onwettige skole, voor die winter-inisiasieseisoen van 2026:
# Die Departement van Minerale en Petroleumbronne het die onwettige mynbou naby die Gugulethu- informele nedersetting in Springs, Gauteng, veroordeel. Tientalle inwoners van Payneville het sedert verlede week begin grawe na die beweerde ontdekking van gouddeeltjies in ‘n kraal. Sommige beweer die terrein was voorheen ‘n mynhoop, terwyl ander sê dit lê op ‘n ou rioolpyp. Mmadikeledi Moloto van die departement sê enige mynbouaktiwiteit wat sonder permitte of mynregte uitgevoer word, is ‘n strafregtelike oortreding:
# Brittanje kan reeds hierdie jaar soos in Australië ‘n verbod op sosiale media vir kinders onder 16 instel. Die regering kan ook ‘n skuiwergat toemaak waarvolgens sommige KI-kletsbotte die veiligheidsreëls vryspring, as deel van sy pogings om vinniger op digitale risiko’s te reageer. Die nuwe maatreëls sal ingestel word as ‘n wysiging van bestaande misdaad- en kinderbeskermingswetgewing wat deur die parlement oorweeg word. Spanje, Griekeland en Slowenië werk ook aan ‘n verbod nadat Australië die eerste land ter wêreld geword het wat toegang vir kinders onder 16 verbied.
# Tennis: Die wêreld-nommer-twee, Jannik Sinner, is terug op die wenpad ná sy debuut by die Katar Ope in Doha. Die Italianer wat sy eerste wedstryd gespeel het sedert hy in die Australiese Ope se halfeindronde teen die Serwiër, Novak Djokovic, verloor het, het die Tsjeg Tomas Machac afgeransel. In die laaste 16 takel Sinner die Australiër, Alexei Popyrin, nadat hy met die promotorskeuse van Katar, Mubarak Shannan Zayid, afgereken het. Die Rus, Daniil Medvedev, het Shang Juncheng van China verslaan terwyl die sesde gekeurde Tsjeg, Jakub Mensik, die Britste kwalifiseerder Jan Choinski geklop het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-99-sent teen die dollar, 18-rand-94-sent teen die euro en 21-rand-77-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-311-dollar. Die prys van goud is four-duisend-955-dollar-8-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 67-dollar-79-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….