Nuus 17:00
BULLETIN 11 Februarie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Cyril Ramaphosa verwelkom die bekendstelling van die Nelson Mandela-reëlsopleidingsakademie by Drakenstein-sentrum
# Saai kritiseer die verwydering van ‘n bek-en-klouseer-kenner
# En, die Oos-Kaapse LUR vir Vervoer betreur die dood van sewe mense in ‘n padongeluk in Qonce
# President Cyril Ramaphosa sê die Drakenstein korrektiewe sentrum betree ‘n nuwe hoofstuk met die bekendstelling van die Nelson Mandela Reëls opleidingsakademie. Ramaphosa het tydens ‘n toespraak in die Wes-Kaap gesê die akademie onderskryf Madiba se nalatenskap van diens, leierskap en respek vir menswaardigheid. Hy het beklemtoon dat die akademie die VN se standaard minimumreëls vir die behandeling van gevangenes volg. Dit bevorder regverdige, menslike behandeling en die versterking van geregtigheid binne die norme van waardigheid:
# Saai kritiseer die verwydering van ‘n kenner op die gebied van bek-en-klouseer, Danie Odendaal, van ‘n ministeriële taakspan en waarsku dit kan pogings verswak om uitbrekings te beheer. Theo De Jager van Saai sê spesialiskennis is noodsaaklik om vee te beskerm en die landbou-ekonomie te beveilig. Hy versoek die Departement van Landbou om die besluit te verduidelik en te verseker siektebestuurs-programme bly doeltreffend en behoorlik ondersteun:
# Die Oos-Kaapse LUR vir Vervoer, Xolile Nqatha, is hartseer oor die dood van sewe mense, insluitend ‘n kind, in ‘n ongeluk op die N2 naby Bhisho buite Qonce. ‘n Bakkie het met ‘n motor gebots en daarna teen nog ‘n bakkie vasgery. Die vyf slagoffers was in die twee bakkies, terwyl twee insittendes van die motor beseer is. Woordvoerder Unathi Binqose sê ‘n saak van strafbare manslag is geopen:
# Rusland het gedurende die nag ‘n hommeltuigaanval op Oekraïne uitgevoer. Oekraïense bronne sê 112 hommeltuie is afgeskiet, met aanvalle wat op agt plekke aangeteken is. Vier lede van dieselfde gesin, insluitend drie jong kinders, is dood in ‘n aanval in Bohodukhiv. Rusland het ook vroeg vanoggend ‘n treinstasie in die Dnipropetrovsk-streek aangeval. Intussen het Oekraïne gedurende die nag ie suidelike Russiese streek Volgograd aangeval. Oekraïne teiken Rusland se oliebedryf en energie-infrastruktuur in ‘n poging om die land se inkomste uit olie te verminder, wat steeds gebruik word om sy oorlogspogings te finansier.
# Rugby: Vier lede van die Junior Springbokspan wat verlede jaar die Junior Wêreldkampioenskap gewen het, is ingesluit by afrigter Kevin Foote se groep van 31 vir ‘n toer van drie wedstryde in Georgië. Hulle is die slot Riley Norton, wat die span aangevoer het, die loskopstutte, Ollie Reid en Rambo Kubheka, en die haker, Siphosethu Mnebelele. Ander huidige spelers sal steeds in aanmerking kom vir volgende jaar se kampioenskap. Die toergroep vertrek Sondag na Oos-Europa en keer op die 28ste terug.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-88-sent teen die dollar, 18-rand-89-sent teen die euro en 21-rand-72-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-880-dollar. Die prys van goud is vyf-duisend-85-dollar-18-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 69-dollar-91-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….