Nuus 17:00
BULLETIN 10 Februarie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Paul O’Sullivan weier om te getuig oor sake vóór 1990
# Tshwane se waternetwerk is onder ernstige druk te midde van lae invloei vanaf Rand Water
# En, Kapenaars word gevra om water te bespaar na die sluiting van suiweringsaanlegte
# Die forensiese ondersoeker Paul O’Sullivan weier om vrae oor kwessies van voor 1990 te beantwoord voor die parlementêre ad hoc-komitee wat beweerde politieke inmenging in die strafregstelsel ondersoek. Dit is weens kommer oor veiligheid ná verskeie aanslae op sy lewe. Die EFF-leier, Julius Malema, het daarop gewys hy het onder eed beloof om alle vrae te beantwoord. O’Sullivan sê hy sou saamwerk indien sy veiligheid nie in gedrang was nie:
# Die Stad Tshwane se waternetwerk ondervind geweldige druk as gevolg van lae invloei vanaf Rand Water. Verskeie reservoirs, insluitend Soshanguve, Kruisfontein en Mabopane, is kritiek laag. Ander bly bestendig, maar is onder druk as gevolg van hoë verbruik. Selby Bokaba van Stad Tshwane sê hoogliggende en sensitiewe gebiede sukkel om voorraad te handhaaf:
Die Stad Kaapstad het inwoners intussen gevra om waterverbruik ingrypend te verminder nadat twee belangrike suiwerings-aanlegte gesluit is weens die onderbreking van rouwater-toevoer uit die Theewaterskloofdam. Daaglikse verbruik oorskry tans die teiken van 975-miljoen liter en bereik tot soveel as 1,05-miljoen liter. Die owerhede waarsku huishoudings, sake-ondernemings en besoekers om dringend water bespaar teneinde reserwes te beskerm en beperkings te verhoed te middel van dalende damvlakke.
# ‘n Belangrike raadgewer van die Opperleier in Iran het tydens gesprekke in Oman maniere bespreek om ‘n gebalanseerde en regverdige ooreenkoms met Amerika te bereik. Dit volg terwyl Washington en Teheran voorbereidings tref om onderhandelings te hervat ten einde ‘n nuwe konflik te probeer voorkom. Oman het verlede week gesprekke tussen die twee lande bemiddel nadat die Amerikaanse president Donald Trump ‘n vloot-flottielje in die streek ontplooi het, wat vrese oor nuwe militêre optrede laat ontstaan het. Hy het verlede maand met militêre ingryping gedreig tydens Iranse regeringsoptrede teen betogings in die land, maar het dit nie uitgevoer nie.
# Gholf: Die uitvoerende hoof van LIV Gholf, Scott O’Neill, sê die Southern Guards se bekendstelling van LIV Gholf in Suid-Afrika is daarop gemik om gholf in die volgende generasie te laat groei. O’Neill het in ‘n onderhoud met Newzroom Afrika na die stigting van die Southern Guards-akademie verwys as ‘n manier om jong landelike talent te ontwikkel. Hy sê die samesmelting van gholf en vermaak sal toegang verbreed, veral vir mense van kleur, terwyl dit toerisme, werkskepping en die plaaslike ekonomie ‘n hupstoot sal gee:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-95-sent teen die dollar, 18-rand-98-sent teen die euro en 21-rand-83-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-457-dollar. Die prys van goud is vyf-duisend-33-dollar-21-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 69-dollar-2-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….